Is jy of jou kind ‘n ster wat ontdek moet word? Voorskoolse, laerskool- hoërskoolleerders asook Volwasenes kan inskryf vir ‘n unieke sangkompetisie wat aangebied word te bate van Dr CF Visser pre-primêre skool. Die wenner van elke kategorie het die geleentheid om saam met die beroemde Lianie May in konsert die verhoog te deel op 2 Maart 2013. Beoordelaars is bekendes uit die vermaaklikheidswêreld soos Hennie Smit (beter bekend as Bertie van Egoli) wat nou in Bloemfontein woon, Jeannette Geldenhuys en Pieter Coffee. Die inskrywingsfooi is R50 per persoon en inskrywingsvorms is beskikbaar by Huizemark in Reidstraat 18, Westdene asook op Bio Graphix se webwerf by www.biographix.co.za/talent. Kontak gerus vir Ronel by 078-504-9551 vir meer inligting. Inskrywings is reeds oop en sluit op 25 Januarie 2013. Maak seker jy skryf betyds in en moenie hierdie ongelooflike geleentheid misloop nie!!







