E Copy

Date:

Shimlas kraai koning in Jakarandastad

Die Universiteit van die Vrystaat Shimlas het Maandagaand, tydens die openingsrondte van die 2023 Varsitybeker, ‘n groot stelling gemaak en terselfdertyd ‘n groot opskudding veroorsaak deur die verdedigende kampioene, die Universiteit van Pretoria Tuks, in die Jakarandastad te troef.

Die Shimlas het in Pretoria die Tuks naelskraaps voor hul tuisskare geklop met 26-25, en sodoende ook ‘n waardevolle bonuspunt ingepalm met die sege. ‘n Mens kans immers ook sĆŖ dat hulle sake ietwat reggestel het nadat Tuks verlede jaar tydens die halfeindrondte die Shimlas met 29-21 geklop het. DĆ­t nadat die span van die Rosestad onoorwonne was tot en met die uitklopkragmeting en as gunstelinge beskou is om die trofee vir slegs die tweede keer omhoog te hou.

Die Shimlas het vinnig begin in die kragmeting en het met 21-0 voorgeloop voordat Tuks teruggeveg het om die telling teen rustyd 21-14 te maak. Die tuisspan het hard teruggeveg en kon selfs in die doodsnikke die wedstryd beklink. ‘n Sterk skrum deur die Vrystaters het egter ‘n skrafskop verdien. Hulle is só uit die gevaarsone en het die kragmeting gewen.

Die Shimlas se breier, AndrĆ© Tredoux, het aan Bloemfontein Courant gesĆŖ die oorwinning is ‘n bewys van die karakter en veggees in die span.

“Jy kom nie sommer na Pretoria om die kampioene te pak en verwag jy gaan maklik wen nie,” het Tredoux gesĆŖ.

“Ons het goed begin en ons het fisies ons man gestaan. Hulle wou ons voorlangs teiken. Ons het so ‘n jong span nadat ons sowat 13 spelers verloor het. Die karakter wat die spelers getoon het om te wen wanneer dit moeilik is, is die aanpasbaarheid waarvan ons gepraat het as ‘n span.”

Intussen het Wits in Bloemfontein die eerste skote gevuur toe hulle die Sentrale Universiteit van Tegnologie Ixias met 49-39 geklop het in ‘n wedsryd wat 15 drieĆ« opgelewer het. Die Ixias se haker, Tokelo Ntapane, het ‘n driekuns van drieĆ« vir die tuisspan gedruk, maar die flank Mark Snyman en die vleuel Wian de Lange het elk tweekeer vir Wits oor die doellyn gaan kuier.

Aanstaande Maandag sal die Noordwes Universiteit Arende die Shimlas in Potchefstroom pak met die wedsryd wat om 17:00 afskop. Om 19:00 kom die Universiteit van Stellenbosch Maties teen die Ixias te staan in Coetzenburg. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...