DUANE PETRUS
‘n Sesjarige meisie van Heidedal, Bloemfontein, is gisteroggend deur ‘n vragmotor doodgery. Eldored Valentine is naby haar ouerhuis, in Hillcreststraat, getref. Die voorval het gebeur kort nadat die vragmotor bakstene afgelaai het laer af in die straat. Die polisie se Thabo Litabe sê niemand is tot dusver in hegtenis geneem nie. ‘n Saak van strafbare manslag word ondersoek.







