Selfmedikasie-album word bekendgestel

0
691
Hunter Kennedy, Wynand Myburgh, Johnny de Ridder, Francois van Coke en Jaco S. Venter FOTO: LIAM LYNCH

Fokofpolisiekar het onlangs die opname van hul derde album, Selfmedikasie, voltooi. Die groep se ondersteuners was so opgewonde oor die vooruitsig van hierdie album dat hulle, met behulp van Thundafund, daarin geslaag het om meer as ‘n miljoen rand in te samel om die album te maak. Die album beloof dan ook om een van die grootste vrystellings van 2017 te wees.
Die ‘bende’ het ‘n toer beplan om die album van 6 Oktober af regoor die land te neem, so aanhangers word daaraan herinner om hierdie datum op hul kalender te merk. Ondersteuners word aangemoedig om, waar van toepassing, hul kaartjies vooraf te koop om teleurstelling te vermy aangesien hierdie, volgens die groep, ‘n monster van ‘n toer gaan wees. Die bekendstellingstoer van Selfmedikasie word deur Jägermeister aangebied.
Nog ‘n verrassing uit Fokofpolisiekar se stal is hul gewilde bier, Fokof Lager, wat binnekort in 340 ml-bottels beskikbaar sal wees.Vir meer inligting, besoek hul webwerf by fokofpolisiekar.co.za.
Fokofpolisiekar sal 13 Oktober 2017 by die Mystic Boer in Bloemfontein te sien wees teen R80 per persoon. Vir voorafbesprekings, bel gerus 084-444-9028.

JERETHA OOSTHUIZEN
jeretha@mahareng.co.za