Duane Petrus – Die gehospitaliseerde soldaat wat in Sondag se skietery by die Bloemspruit lugmagbasis beseer is sal binnekort na die 3 Militêre hospitaal in Bloemfontein oorgeplaas word.
24-jarige Tembilo Mabasa is tans in ‘n stabiele toestand in die Pelonomi-hospitaal.
Intussen is die beskuldige, Simphiwe Magudulela, 27, se borgtog aansoek vandag in die Bloemfontein Landdroshof tot 10 September uitgestel.
Nog ‘n man is dood en ‘n vrou is in die voorval in die hand geskiet.
Weermag woordvoerder, Xolani Mabanga, sê die oorledene se familie het gevra dat hulle geen verdere inligting oor hom aan die media gee nie.
[clip…DuaneXolaniHospitaal]
Mabanga kon nie sê wanneer Mabasa na die militêre hospitaal oorgeplaas sal word nie.
Date:







