Bloemfontein – Springbokvleuel Raymond Rhule is sy plek kwyt in die Vrystaat Cheetahs se 22-tal wat die WP Vrydagaand in Bloemfontein in ’n Curriebekerwedstryd pak.
Davon Raubenheimer, Waltie Vermeuelen en Rossouw de Klerk is ook uit die span gelaat na verlede naweek se vertoning teen die Haaie in Durban.
Raubenheimer en De Klerk gaan die kragmeting egter op die plaasvervangerbank begin.
Slot Francois Uys maak ook sy terugkeer op die bank nadat hy geruime tyd weens ’n gebreekte arm op die krukkelys was.
Oupa Mohoje gaan op flank uitdraf, terwyl sy Shimlas-spanmaat Freddy Ngoza op slot saam met Lood de Jager gaan begin.
Schalk van der Merwe vervang De Klerk op loskopstut.
Agterlangs begin Piet Lindque op vleuel in die plek van Rhule.
In the die WP het die manne van die Kaap goeie nuus ontvang toe kaptein Deon Fourie fiks verklaar is om die span te lei nadat hy volkome van ‘n ribbesering herstel het.
Nog beter nuus vir beide WP en die Springbokke is dat die woelige flank Schalk Burger vir die eerste keer in bykans 18 maande op die rugbyveld sal verskyn nadat hy herstel het van ‘n kniebesering wat hom sedet die eerste wedstryd van verlede jaar se Super Rugby buite aksie gehou het.
Die wedstryd op die Vrystaat Stadion skop om 17:05 af.
Die Vrystaat Cheetahs se span om WP te pak –
15. Hennie Daniller, 14. Riaan Smit, 13. Johann Sadie, 12. Robert Ebersohn, 11. Piet Lindeque, 10. Elgar Watts, 9. Sarel Pretorius, 8. Boom Prinsloo (Kaptein), 7. Oupa Mohoje, 6. Lappies Labuschagné, 5. Lood de Jager, 4. Freddie Ngoza, 3. Trevor Nyakane, 2. Hercu Liebenberg, 1. Schalk van der Merwe.
Plaasvervangers – 16. AJ le Roux, 17. Rossouw de Klerk, 18. Francois Uys, 19. Davon Raubenheimer, 20. Piet van Zyl, 21. Rayno Benjamin, 22. Willie du Plessis.