E Copy

Date:

Raadop met gemors in Bfn-strate

Verskeie inwoners van Bloemfontein is siek en sat vir vuil strate en vullis wat week na week nie opgelaai en weggery word nie.
In Navalweg gaan dit geensins beter nie. Louret Grobbelaar, ‘n nuwe inwoner van Bloemfontein, vertel hoe die weke verby gaan sonder enige vullisverwydering deur die Mangaung-metro-munisipaliteit.
“Vullis hoop op by die hoek van Navalweg omdat almal hul swart sakke hier neersit terwyl die munisipaliteit dit nie kom optel nie,” sê sy.
Soos wat die swart sakke bly lê, kom skeur honde dit oop en sakgrawers maak dit oop. Die wind waai die vullis die lug in. “Dit lyk regtig of mens in ‘n ‘dump’ bly. Dit stink en daar is oral brommers,” sê Grobbelaar.
Sy het ‘n nare insident beleef toe haar hond ‘n gebruikte sanitêre doekie beetgekry het. Dit is beslis nie plesierig om aan soiets te vat en uit ‘n hond se bek te haal nie.
“As die munisipaliteit weet hulle gaan nie by daardie hoek uitkom nie, hoekom sit hulle dan nie net ordentlike groot vullishouers langs die pad neer waarin die gemors gegooi kan word sonder dat dit rondwaai en oopgeskeur word nie?” wou Grobbelaar weet.
Sy verstaan nie waarom daar maand na maand betaal moet word vir ‘n diens wat nie gelewer word nie. Iewers moet daar iets aan die saak gedoen word. “As mens teen Naval Hill opstap, maak dit my hart so seer om die vuil stad te sien.”

Jeretha Oosthuizen 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Pencil In: 23 July 2026

23 July: Prosperity Enterprises will host a Property Investors’...

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...