E Copy

Date:

Program teen opkikkers in skole

Mariné Jacobs

’n Kommerwekkende verhoging in die hoeveelheid kinders wat steroïede en ander dwelms gebruik, het gelei tot die implementering van ’n skole-toetsprogram deur die Suid-Afrikaanse Instituut vir Dwelmvrye Sport (SAIDS).  Hoof-uitvoerende beampte van SAIDS, Khalid Galant, sê die gebruik van verbode middels en opkikkers is iets waaroor skole toenemend bekommerd is. ’n Weekblad het onlangs berig bykans ’n derde van 62 leerlinge wat die afgelope ses maande in onafhanklike toetse ondersoek is, het positief getoets vir middels wat lewensgevaarlik is.

Galant hoop hierdie program sal kinders daarvan weerhou om verbode middels te gebruik om beter op die sportveld te presteer. “Die toetsing kan enige tyd gebeur en sal nie slegs tot atlete beperk wees nie,” waarsku hy. “Die toetse gaan nie meer net daaroor om atlete wat dwelms gebruik uit te vang nie, maar ook om leerders bewus te maak van die gevare van dwelmgebruik.” Middels waarvoor getoets sal word sluit in steroïede, metaboliese modulators, urinedrywers, stimulante en hormone. Indien ’n skolier wel positief toets vir ’n verbode middel, sal hy aan die skool se disiplinêre kode onderworpe wees.

Galant sê die gebruik van die middels het ’n “mode” onder leerders geword, maar dat die meeste nie die gevare daarvan besef nie. “Baie van hierdie middels veroorsaak abnormal orgaangroei en funksionering, ’n verandering in die endokriene sisteem en dit gooi ’n heeltemal normale hormoonprofiel van ’n groeiende adolessent omver.” ’n Publisiteitsveldtog om die program aan skole bekend te stel het gister in Port Elizabeth afgeskop. Volgens ’n woordvoerder vir SAIDS het daar reeds skole aangedui dat hulle deel van die program sal wees, insluitend skole in die Vrystaat. ’n Presiese getal is egter nog nie bekend nie.

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...