Juanri en Brend Burger was die eerste proefbuis-tweeling van albei geslagte in die Vrystaat, wat op 11 Oktober 1989 gebore is. Nou, sowat 28 jaar later, het Brend en Juanri albei ouers geword van pragtige dogtertjies, weer op dieselfde dag!
Brend se dogtertjie, Kyra Leonie Burger, is op 15 Augustus, om 12:12, in Teater 2 in Mediclinic Bloemfontein gebore.
Juanri se dogtertjie, Riandi Maritz, is op 15 Augustus, om 01:36, in Teater 2 in Life-Rosepark Bloemfontein gebore.


Wat dit nog te meer spesiaal maak, is die feit dat die datum waarop die twee niggies moes arriveer eintlik twee weke uitmekaar was, maar hulle kon duidelik nie meer wag om hul opwagting te maak nie, al het dit beteken dat Kyra op 38 weke gebore is.
Raar, maar waar, boer en suster word op dieselfde dag mamma en pappa, en sommer ook oom en tannie. Beslis iets spesiaals dat
die eerste geslag proefbuis-tweeling op dieselfde dag pa en ma word, en dat hul twee dogtertjies, wat was oorspronklik twee weke uitmekaar moes kom, albei in Teater 2 gebore is.
Ouma Hanlie Burger, Brend en Juanri se ma, sê al wat vir haar ‘n bietjie moeilik was, is dat die twee kleindogters in verskillende hospitale gebore is, maar sy sien uit daarna dat hulle haar op haar tone gaan hou.
– JERETHA OOSTHUIZEN
[email protected]







