E Copy

Date:

Fiesta del Vino ‘n reuse-sukses

Vanjaar se Fiesta del Vino was vir seker ‘n reuse-sukses en vir almal wat ‘n aandeel daarin gehad het, iets waarop hulle jaarliks wil verbeter.
“Hierdie jaar se Fiesta was baie suksesvol. Die wynstalletjies was weer eens ‘n groot sukses en baie wyne kon vir die eerste keer hier geproe word, ” se Grethé Muller, waarnemende departementshoof van die SUT Hotelskool.
Die heerlike eetgoed, wat baie mense selfs in wegneempakkies saamgeneem het huis toe, was ‘n groot aantrekkingskrag. Die Bistro-restaurant het mense laat smul aan die verskeidenheid items op die spyskaart.
“Vrydagaand het Jacobus Silwer van ons “Fusion Fiesta: Eat to the beat”-aand iets nuuts en opwindends gemaak. Ek dink nie daar is al so iets in Suid Afrika aangebied nie – ‘n kos-en-musiek-samevoeging. Die mense was gaande daaroor en kaartjies was heeltemal uitverkoop,” sê Muller. Hulle moes mense wegwys omdat daar net nie meer mense in die atrium kon inpas nie.
Die unieke aanbieding is vooraf saam met Silwer beplan en ‘n spyskaart is uitgewerk wat deur die musiek geïinspireer is.
Die vyfgangmaal het Sesotho, Duits, Spaans, Engels, Afrikaans en Nederlandse disse ingesluit. Elke dis was tradisioneel aan ‘n spesifieke taal verbind. Hoe dan anders as om biersop in Duits te bedien en ‘n trio van melktert, koeksisters en malvapoeding in Afrikaans?
Feesgangers was duidelik gaande oor die geleentheid. “Ons het vreeslik baie positiewe terugvoer gekry. Vir ons sal daar altyd iets wees om op te verbeter, maar mense het dit baie geniet,” sê Muller.
Daar is reeds planne in die pyplyn vir volgende jaar. Volgens Muller het die organiseerders begin notas maak vir volgende jaar se Fiesta, dinge waarop hulle wil verbeter en nuwe idees wat hulle wil gebruik.

– JERETHA OOSTHUIZEN
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...