E Copy

Date:

Prime Circle toer na Bloem met nuwe album

Maricelle Botha

Die bekroonde Suid-Afrikaanse rockers Prime Circle het pas hul sesde ateljee-album getiteld Let the Night in uitgereik. Die bekendstelling gaan gepaard met ‘n landwye toer wat more in Johannesburg wegtrek. Goeie nuus vir Bloemfonteinse aanhangers is dat die toer ook ‘n optrede in die Rosestad insluit.
Prime Circle is pas terug van ‘n twee week lange Europese toer na Duitsland, België, Spanje en Frankryk. Courant het die geleentheid gehad om met Dirk Bisschoff, kitaarspeler van die groep, te gesels oor hul nuwe album en die besige tyd wat nou voorlê.
Bisschoff vertel dat hulle ‘n redelik besige tyd in die buiteland gehad het. In Madrid het hulle ‘n baie suksesvolle konsert in die bekende Hard Rock Café gehad en in België het die groep by die gewilde "metal"-musiekfees, Graspop in Dessel, opgetree. Hier het hulle die verhoog met onder andere Limp Bizkit, Alter Bridge en Skillet gedeel.
Hulle is nou besig met die laaste voorbereidings vir die bekendstelling van hul album en die Arena-toer. Dié landwye toer sluit optredes in Johannesburg, Bloemfontein en Kaapstad in.
"Met hierdie CD het ons meer eksperimenteer met wat ons noem sintetiese klanke en ons het gebruik gemaak van goed soos ebow op die kitaar wat vir bietjie van ‘n ander klank sorg. Ek het onlangs gehoor dat daar mense is wat van die liedjies op die album vergelyk met Fall Out Boy en Maroon 5 en vir ons is dit nogal ‘n kompliment want dit is van die bands waarna ons opkyk," gesels Bisschoff oor die nuwe album.
"Ek dink daar is altyd uitdagings as ‘n band ‘n nuwe album opneem.
Jy moet altyd jouself reinvent met nuwe liedjies en nuwe klanke. Ek dink dat ons met die album ‘n bietjie grense skuif. Ons plaas die album in ‘n pop rock-genre. Dit is nie so kitaar-heavy soos die vorige albums nie. Daar is meer van ‘n soeter, warmer klank op die kitare en is steeds daar, hoewel nie so oordrewe soos vantevore nie."
Die groep is ‘n groot deel van ‘n maand op die pad. Bisschoff vertel dat dit soms maar moeilik raak, hoewel hulle gek daaroor is om op te tree. "Ons almal het kinders en dit vang ‘n ou maar om so lank van die huis af weg te wees.
En wat weet ons nie van dié manne nie? Bischoff sê hoewel hulle probeer om van gemorskos weg te bly, is hulle altyd gereed vir die kolonel se spyskaart. "Ons hou regtig van KFC en as ons take-aways moet eet, is dit gewoonlik ons keuse." En siende dat hulle ‘n groot deel van die jaar saam op die pad is, wou ons weet, wie is die hardste snorker in die groep. Sonder om te aarsel, sê hy: "Marco, definitief Marco!"
So uit die perd se bek.
Maak seker dat jy nie hulle Let the Night in Arena-konsert op 1 Augustus om 19:30 in die Sand du Plessis-teater misloop nie. Kaartjies kos tussen R174 en R315 by Pacofs.

maricelle@centralmediagroup.co.za

Share post:

Popular

More like this
Related

Free State Premier to deliver annual address at Traditional and Khoi-San Leaders’ House Opening

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae is set to deliver...

Wanneer ’n Groot Boom Val! – ’n Roerende huldeblyk aan onderwysers

Die invloed van onderwysers op die lewens van hul...

William Hlakoane to receive Honorary Doctorate from CUT

The Central University of Technology, Free State (CUT) will...

Department of Home Affairs unveils major upgrade

The Department of Home Affairs has announced a significant...