E Copy

Date:

Polisie verloor meer as 9 miljoen rondtes ammunisie

Die Suid-Afrikaanse Polisiediens het meer as 9,5 miljoen rondtes ammunisie die afgelope ses finansiële jare ‘verloor’. In dieselfde tydperk is meer as 4000 vuurwapens verloor.

Hierdie skoksyfers het nou aan die lig gekom in ‘n antwoord van die minister van polisie, Bheki Cele, op ‘n amptelike parlementêre vraag van dr. Pieter Groenewald, leier van die VF Plus.

Die vraag aan die minister was hoeveel wapens en ammunisie in elke afsonderlike provinsie, wat in besit van die polisie was, verloor of gesteel is in hierdie tydperk. In Noordwes het 2,2 miljoen  rondtes ammunisie in die boekjaar 2014/2015 verlore geraak luidens die antwoord van die minister.

Verlede jaar het Noordwes met amper ‘n halwe miljoen rondtes die meeste ammunisie van al die provinsies verloor. Hierdie syfers is werklik skokkend en totaal onaanvaarbaar, het die VF Plus gesê, veral wat die ammunisie betref.

Dit is haas onmoontlik om in te sien hoe meer as 3 miljoen rondtes in een provinsie in ‘n jaar verlore kan raak en niemand weet hoe dit gebeur het nie. Groenewald het verder gesê, dit is geen wonder dat geweldsmisdade buite beheer raak nie.

Die polisie self is die grootste bron vir die verskaffing van onwettige ammunisie, volgens die VF Plus.

Christal-lize Muller / OFM-Nuus

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...