E Copy

Date:

Plaasaanvallers in twee afsonderlike voorvalle vanoggend gesoek

Die polisie in die Vrystaat soek na plaasaanvallers wat vanoggend by twee afsonderlike voorvalle betrokke was. Polisiewoordvoerder, Ian Gaobepe, sê ‘n bejaarde boer, Frikkie van der Merwe, sy vrou en hul dogter is deur ses rowers in hul plaashuis naby Bothaville in die Vierfontein-distrik net ná middernag oorval. Hulle is met kleefband vasgebind.

Die aanvallers het die 87-jarige Van der Merwe, sy 85-jarige vrou en hul 57-jarige dogter aangehou. Die mans het daarna toegang tot die kluis verkry en ‘n vuurwapen en onbekende bedrag geld gebuit. Goabepe sê die aanvallers het ook met drie selfone en ‘n trouring in die Van der Merwe’s se Volkswagen Tiguan op die vlug geslaan.

Volgens hom het die erg getraumatiseerde slagoffers nie ersntige beserings opgedoen nie. Intussen het die polisiewoordvoerder in die Smithfield-distrik, Yanga Ngukana, bevestig dat die polisie omstreeks 02:00 weens ‘n aanval buite die dorp ontbied is. Al inligting wat hy in hierdie stadium bekend kan maak, is dat die verdagtes te voet van die plaas gevlug het. Die distrik se veiligheidskoördineerder, Hugo Pretorius, het vroeër aan OFM-nuus gesê dié gebied in die rigting van Bethulie se veiligheidsplan is dadelik in werking gestel. Volg OFM-nuus vir verwikkelinge. – Christal-Lize Muller    

 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...