E Copy

Date:

Parys moordsaak: Moordaanklagte teen vier teruggetrek

Die staat het vandag die moordaanklagte teen vier van die beskuldigdes in die Parys-moordsaak teruggetrek. Die Nasionale Vervolgingsgesag se Phaladi Shuping sê aanklagte teen Fanie Oosthuizen, asook Wian, Wikus en Muller van der Westhuizen is teruggetrek.

“In hierdie stadium is ons van mening dat daar nie enige vooruitsigte is om vier van die mans suksesvol van moord aan te kla nie,” sê Shuping.

Shuping sê nog ‘n beskuldigde, ‘n 17-jarige seun, se verhoor sal afsonderlik hanteer word. Hy sal weer op 9 September in die hof verskyn.

Aanklagte teen die ander ses verdagtes staan en hulle moet weer op 18 November vir ‘n voorverhoorsitting in die hof wees.

Die groep mans word daarvan beskuldig dat hulle twee beweerde plaasaanvallers, Samuel Tjixa en Simon Jubeba, so erg aangerand het, dat hulle aan hul beserings beswyk het. Die twee mans het na bewering op 6 Januarie ‘n 73-jarige boer, Loedie van der Westhuizen, in sy huis aangeval.

Die EFF het ná die voorval beweer dit was nie ’n plaasaanval nie, maar dat die twee mans op Loedie se plaas was oor ’n loongeskil.

-Mark Steenbok

 

 

 

 

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...