E Copy

Date:

Oranje wen gesogte Amanda Coetzer-titel

Mark Steenbok

Die Hoër Meisieskool Oranje het Saterdag verspot maklik met die Hoër Meisieskool Bloemhof afgereken en sodoende met die louere weggestap op die 18de Amanda Coetzer-tennis toernooi.

Oranje het die eindstryd op merkwaardige wyse 5-1 gewen teen ‘n Bloemhofspan wat al elf keer met die titel weggeloop het sedert dié gesogte tennistoernooi se ontstaan.

Volgens Elizca Buys, afrigter van Oranje, was hulle verras met die uitslag.

“Ja, ons het geweet Bloemhof sou nie maklik wees nie, ons kan hulle nooit ligtelik opvat nie. Ons is verheug; ons het nooit verwag om 5-1 te wen nie,” sê Buys.

Dit is Oranje se eerste Amanda Coetzer-titel sedert 2012. Nog ‘n prestasie is die feit dat vier Oranje-spelers onder die waardevolste spelers geëindig het in hul onderskeie posisies.

Lisa Stofberg van Oranje het haar enkelspelstryd teen Brieta Pienaar met 4-6, 6-4 en 0-6 verloor, terwyl topgekeurde Lize Moolman se oorwinning van 7-5, 6-3 oor Rouxanne Janse van Rensburg haar die voorste enkel-speler van die toernooi gemaak het.

Alhoewel die Bloemhof-meisie die eindwedstryd verloor het, het sy, soos verlede jaar, as waardevolste speler by die toernooi geëindig.

Lize Moolman het ook die beste dubbelspaartitel gewen saam met Daniel de Villiers.

Oranje het met onder andere die Hoërskool Menlopark (16-6), Paarl Gimnasium en Afrikaanse Hoër Meisieskool (21-1) afgereken in hul groep.

Hulle het gemaklik met Höerskool Stellenbosch afgereken in die halfeindstryd (om hulle plek vir die eindstryd te bespreek) terwyl Bloemhof met Hoërskool Menlopark afgereken het in die ander halfeindstryd.

Die eerste tennisspan van Oranje sal weer in die derde week van Augustus in aksie wees wanneer hulle teen die einste Bloemhof te staan kom in ‘n interskole-ontmoeting.

 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...