E Copy

Date:

Oranje behaal driekuns in Amanda Coetzer-toernooi

Die Hoër Meisieskool Oranje het hul eie stukkie geskiedenis geskryf die afgelope naweek toe hul eerste tennisspan die 25ste Amanda Coetzer-tennistoernooi in Bloemfontein gewen het.

Oranje het daarin geslaag om hul titel te verdedig en dus slegs die derde span geword om dié spogtoernooi vir drie of meer agtereenvolgende jare te wen.

Die tuisspan het hulle toernooi op ‘n hoë noot begin deur die Hoërskool Waterkloof (Pretoria) met 7-0 af te stof, en hulle het dié oorwinning opgevolg met ‘n 4-3 sege teen die tweede gekeurde Rhenish Girls’ High van Stellenbosch.

Teen Hoërskool Menlopark van Pretoria het die land se voorste span, Oranje, weer maklik met ‘n oortuigende 7-0 sege hul plek in die halfeindstryd bespreek.

Daar het hulle teen die toernooi se suksesvolste span, Hoër Meisieskool Bloemhof van Stellenbosch, te staan gekom en ‘n oortuigende 4-1 sege beklink.

In die eindstryd van die glanstoernooi het Oranje weereens ‘n skittende vertoning gelewer met ‘n 4-0 oorwinning teen Paarl Girls’ High van die Kaap.

Ná Waterkloof en Bloemhof word Oranje slegs die derde skool om ‘n driekuns van titels by die Amanda Coetzer-tennistoernooi in te palm. Dit was ook Donna le Roux, Mia Schimper, Nina Schimper en Ansoné Theron se derde Amanda Coetzer-titel, asook vir hul afrigter, MC Olivier.

Le Roux is aangewys as die beste nommer een speler op die toernooi, terwyl sy en Nina Schimper die eerbewys ontvang het vir die beste dubbelspaar.

Vir die o.15 span was daar egter nie vreugde nie. Hulle het in die o.15-toernooi se eindstryd met 4-2 teen Affies van Pretoria vasgeval. Hulle het ‘n titel afgestaan, maar daar was ‘n silwer randjie met Inge Ferreira en Yana Olivier wat as die beste o.15-dubbelspaar aangewys is. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

Latest Foot-and-Mouth Disease update

Eight new Foot-and-Mouth Disease (FMD) cases have been clinically...

Mandela day outreach restores dignity to elderly residents

The Mangaung Child Justice Centre and the department of...

Home Affairs to recruit 301 immigration officers

The Department of Home Affairs is set to recruit...

Two suspects arrested for assault

Two men, aged 23 and 27, have been arrested...