Ondersteun Emoya se trots – Shaka en Shakira

0
613
Emoya se twee liefl ike inwoners, Shaka en Shakira. FOTO: JUSTINE FORTUIN

Wêreldrenosterdag word elke jaar op 22 September gevier om bewusmaking oor die vyf renosterspesies te kweek.

Ter viering van die dag het Emoya-landgoed ’n veldtog begin om bewusmaking en fondse in te samel vir hul twee liefl ike inwoners, Shaka en Shakira. As dit by die bewaring van renosters kom, weet die landgoed wat werk, maar om die fondse in te samel wat hulle nodig het, is geen maklike taak nie. Emoya se plaas- en wildbestuurder, Jenny van der Wath, sê sy dink nie mense besef hoe ontsagwekkend dit is om renosters in Bloemfontein te hê nie.

“Jy sien eers hoe wonderlik dit is as jy nader kom. Hierdie dier is so onskuldig, sensitief en saggeaard en hulle word doodgemaak vir iets wat absoluut niks beteken nie,” sê sy. Sy voeg by dat Shaka en Shakira sedert 2009 by Emoya is en hulle weeg twee ton elk “Hulle eet 45 tot 80 kilogram voer per dag en dit kos baie geld,” sê Van der Wath.

Die gemeenskap, besighede en skole kan op verskeie maniere betrokke raak. Van die skenking van fondse tot die borg van die veldtog. Skenkings van Eragrostis Teff of Lucern word ook verwelkom. Só kan jy betrokke raak om natuurbewaring by Emoya te ondersteun.

Van der Wath sê skole moet op wildritte uitkom sodat hulle die leerders kan opvoed oor bewaring en hoe bedreigde diere, soos Shaka en Shakira, versorg moet word. Wees deel van Emoya se Renostermaand. Met elke R3000 of meer sal Emoya maatskappye wildritte gee vir tot agt werknemers om Shaka en Shakira te ontmoet.

Kontak Van der Wath vir meer inligting of om uit te vind hoe om hulle verder by te staan: 079-461-6145 of e-pos wildlife@emoya.co.za.

Justine Fortuin
justine@mahareng.co.za