E Copy

Date:

Old Greys-klub het nuwe voorsitter

Bloemfonteiner sedert 1994, Johan Massyn (60), wat op 31 Januarie 2021 afgetree het ná 43 jaar ononderbroke diens as adjunk-direkteur by die Departement van Korrektiewe Dienste, is onlangs aangestel as voorsitter van die Old Greyssportklub.

Massyn het drie jaar gelede by die klub aangesluit. Hy was ondervoorsitter sedert 2020 en is op 10 Augustus 2021 tot voorsitter verkies. “Sport en klubbestuur is nie vir my nuut nie. Ek het gedurende my loopbaan by Korrektiewe Dienste as sportbeampte en later inspekteur van gevangenisse blootstelling aan sportbestuur gehad.”

Volgens hom beskou hy sy aanstelling as ‘n groot uitdaging aangesien die klub hierdie jaar 117 jaar oud is en daar verskeie projekte geloods moet word om dit te herdenk. “Daar moet ‘n sportaand gehou word met bekende gassprekers in September, ‘n rugbyvasvrakompetisie in Oktober en ook ‘n gholfdag op die Schoemanparkgholfbaan in November.”

“Die klub het ‘n groot aantal lede wat daagliks daar sport beoefen. Die sportkroeg is oop vanaf 10 uur elke dag behalwe Sondae en daar is heelwat administrasie verbonde om die klub effektief en winsgewend te bedryf. Ons het ‘n permanente klubbestuurder, André van Rensburg, wat in beheer is.”

Hy het verduidelik dat hy as voorsitter vir hom doelwitte vir die klub gestel het, soos onder meer om die sportkroeg te moderniseer en op te knap en die ledetal te vergroot. “Dit sal ook goed wees om meer jonger lede te werf om te verseker dat sport op klubvlak in stand gehou word. Die bemarking van aktiwiteite by die klub op sosiale media gaan beslis ook meer aandag kry.”

Massyn het gesê die publiek van Bloemfontein is welkom om die klub te besoek. Volgens hom het sowat 27 Springbokrugbyspelers, onder andere Rassie Erasmus, vroeër vir Old Greys uitgedraf . “Daar is inderdaad ‘n groot verantwoordelikheid om die geskiedenis van die klub te bewaar en toe te sien dat die klub bly voortbestaan. Ek kan die versekering gee dat ek passievol is om Old Greys-sportklub tot groot hoogtes te lei.”

Sazly Hartzenberg

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...