E Copy

Date:

OFM ontvang twee benoemings by 2025 Telkom Radio Awards

OFM is aangekondig as finalis in twee kategorieë van die gesogte 2025 Telkom Radiotoekennings: Laatmiddag-aanbieder en Gemeenskapsprojek.

Die Telkom Radiotoekennings vier uitnemendheid en innovasie in die Suid-Afrikaanse radiobedryf. Die seremonie vind plaas op Saterdag, 6 Desember, in die Sandton-konferensiesentrum.

Nico van der Westhuizen, die aanbieder van The Joyride, ding mee in die kategorie Laatmiddag-aanbieder. Luisteraars ken hom as die opregte, warm en humoristiese stem wat die rit huis toe in ’n gedeelde ervaring omskep. Hy gesels saam, deel persoonlike stories en reageer met aansteeklike entoesiasme op stemnotas.

“Ek is opgewonde en effens verbaas oor my benoeming as beste laatmiddag-aanbieder in die Telkom-radiotoekennings. Ek is net die ou-agter-die-stuur van The Joyride. Nikki, JayBee en Kayla is die enjin, GPS en ‘krag’ wat die program laat vloei en ons luisteraars laat glimlag. Sonder hierdie droomspan sou ek net met myself in ’n ateljee praat. Baie dankie aan almal by OFM wat my ondersteun. Hierdie nominasie het dalk my naam op, maar dit is ’n gedeelde oorwinning vir die hele OFM-familie,” sê Van der Westhuizen.

In die Gemeenskapsprojek-kategorie is OFM se Cycling Santa-inisiatief ’n finalis. Dié veldtog is gebore toe die borg van die tradisionele Carols by Candlelight onttrek het en die 20 jaar oue Kersgeskenk-tradisie in gedrang was. OFM het die projek herleef as ’n mobiele, gemeenskapsgedrewe fees wat Kersvrolikheid en geskenke direk na luisteraars se deure bring.

“Wat ’n eer om vir hierdie twee toekennings benoem te word,” sê Anchen Lintvelt, OFM se verkoop- en bemarkingsbestuurder. “OFM is trots om Sentraal-Suid-Afrika te verteenwoordig by die Telkom-radiotoekennings op 6 Desember en kan nie wag om ons suksesverhale te deel met ons gehoor wat daagliks na ons luister en ons inisiatiewe ondersteun nie.”

Tim Thabethe, programmeringsbestuurder, voeg by: “Nico verdien die benoeming as ’n huldeblyk vir sy harde werk en kreatiwiteit in die middagprogram, The Joyride. Om ’n gemeenskapsprojekbenoeming vir Cycling Santa te kry, spreek boekdele van die werk wat die OFM-handelsmerk doen om sy gehoor te ondersteun.”

Inhoudsbestuurder Elzette Boucher-Krüger sê die benoemings is ’n erkenning van jare se toewyding: “Terwyl ek ons Radiotoekennings-inskrywings die afgelope dekade saamgestel het, was dit ’n groot eer om terug te kyk op hoe OFM positiewe verandering bevorder het in die gemeenskappe wat ons bedien.”

 

Saamgestel deur Warren Hawkins

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...