OWEN KOCK
Bloemfontein. – Slegs een van die agt meisies wat die naweek in Mediclinic Bloemfontein opgeneem is, is nog in die hospitaal.
Dit spruit uit ‘n voorval waartydens meer as 140 meisies wat aan die All Girls-saamtrek by die Hoër Meisieskool Oranje in Bloemfontein deelgeneem het, tekens van voedselvergiftiging getoon het.
Hospitaalwoordvoerder, Amanda Appelgryn, sê ‘n meisie van die Paarl ontvang nog behandeling in die hospitaal.
Appelgryn het ook bygevoeg dat van die kos deur ‘n organisme besmet is.
"Ons kan bevestig dat nie voedselvergiftiging was as sulks nie maar wel die besmetting van kos deur ‘n organisme. Nou dis ‘n organisme wat maklik van mens tot mens oorgdra word. Dit is belangrik dat iemand wat besmet was goeie hand higiene handhaaf om verdere verspreiding te voorkom," aldus Appelgryn.







