E Copy

Date:

’n Bundel vir al jou hartsmense

“Hartsmense is gebore uit my liefde vir mense.” Dit is die woorde van hoofbestuurder van die Bloemfonteinse mediamaatskappy, Mahareng, Christel Basson, wat onlangs haar digbundel bekendgestel het.

Basson, wat geen vreemdeling in die sake- en korporatiewe wêreld is nie, is ‘n vrou met vele talente. Sy het reeds ‘n kinderboek geskryf en onlangs haar eerste poësiebundel. Die boek, getiteld Hartsmense is op 27 Oktober 2018 bekendgestel tydens Grey-kollege se vroueoggend.

“Hartsmense is vir almal. Ons het almal ‘n hartsmens. Vir my het dit daaroor gegaan dat dit iets is wat ons almal deel. En toe het ek gedink, wat ‘n lekker geskenk om aan iemand te gee om te sê jy is een van my hartsmense. Dit gaan alles daaroor om iemand te laat weet hy of sy is een van my hartsmense,” vertel Basson.

Die boek bestaan uit ‘n mengsel van gedigte wat deur Basson geskryf is wat saam in notaboekvorm gedruk is. “Miskien gebruik jy dit om jou hartsoomblikke neer te pen. Hoe jy dit ook al gebruik, ek hoop dat jy oomblikke van hartslag en hartsjubel sal beleef saam met al jou hartsmense,” sê sy.

Basson het ook ‘n Facebook-bladsy met die titel “Hartsmense” wat spesiale oomblikke, gedigte, lewende video’s, daaglikse inspirasie en meer bevat. “Op hierdie blad sal jy dalk woorde van my raakloop wat met jou iets deel van ‘n dag, ‘n plek of ‘n oomblik wat moontlik iets te doen gehad het met ‘n hartsmens, ‘n hartsoomblik, ‘n hartsplek,” skryf Basson op haar Facebook-blad.

Die boek kan gekoop word teen R180 deur met Basson kontak te maak op haar Facebook-blad. – Pierce van Heerden
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...