E Copy

Date:

MS-lyer oorwin Kaapse Myl

Phillip Coetzee het op Sondag 18 Februarie 2018 die Sanlam- Kaapse myl aangepak met passie en deursttingsvermoë en die wedloop suksesvol voltooi, ongeag die feit dat hy gediagnoseer is met meervoudige sklerose (MS).
Die kompetisie het plaasgevind by die Grabouw Country Club se Eikenhofdam in die Wes-Kaap. Dit was ‘n geldinsameling- en bewusmakingsaksie vir die siekte MS.
Elke swemmer belowe om R1 000 in te samel. In ruil kon deelnemers inskryf en het hulle opvallende swemdrag en ‘n geskenkpakkie ontvang. Geld wat ingesamel is, word geskenk aan MSSA (Multiple Sclerosis South Africa).
Volgens die MS-webtuiste, is dié siekte ‘n onvoorspelbare versperring van die sentrale senuweestelsel wat die vloei van inligting binne die brein en tussen die brein en liggaam, onderbreek. Simptome wissel van ‘n tintelende of ‘n dooie gevoel tot blindheid en verlamming. Die meeste mense met MS is tussen die ouderdom van 20 en 50, met ten minste twee tot drie keer meer vroue as mans wat met die siekte gediagnoseer word. MS affekteer meer as 2.3 miljoen mense wêreldwyd en is een van die mees algemene siektes wat die sentrale senuweestelsel affekteer. Vandag ly meer as 2 500 000 mense regoor die wêreld aan MS.
Phillip Coetzee het sy storie gedeel op die MS-Facebookblad. Hy sê: “Ek was aktief, tot ‘n paar jaar gelede toe ek aksiekrieket gespeel het en besef het dat ek nie meer kan rondskuif nie. Dit was my finale aanvaarding van wat met my gebeur het. Nadat ek dit wat met my gebeur aanvaar het, het ek en my gesin saam besluit wat ons kan doen om hierdie monster te hanteer.”
Hy het die laaste twee jaar aan aktiwiteite begin deelneem wat sy liggaam kan hanteer. Hy was nog altyd lief vir swem en hy sê dit het nie baie van hom gevat om in te skryf nie. Dis net 1600 meter, het hy gedink en vir homself gevra, hoe moeilik kan dit nou eintlik wees? Sy grootse bekommernis was sy bene, nie sy bolyf nie. Vroeg in Januarie het hy begin oefen, maar hy glo as hy vroeër begin het, hy nog beter sou gevaar het.
”Ek is slegs 42 jaar oud en ek is redelik seker die groot uitdagings is steeds op pad, maar met die ondersteuning van my vriende en my fantastiese familie ek is seker ek sal oorleef,” voeg hy by.

Zilke Prinsloo 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Latest Foot-and-Mouth Disease update

Eight new Foot-and-Mouth Disease (FMD) cases have been clinically...

Mandela day outreach restores dignity to elderly residents

The Mangaung Child Justice Centre and the department of...

Home Affairs to recruit 301 immigration officers

The Department of Home Affairs is set to recruit...

Two suspects arrested for assault

Two men, aged 23 and 27, have been arrested...