E Copy

Date:

Mediclinic Bloemfontein versoek mense om ingeënt te word

Mediclinic Bloemfontein doen ‘n beroep op mense van 60 jaar en ouer, sowel as diegene wat die Covid-19-inenting binnekort sal kry, om so spoedig as moontlik ingeënt te word.

In ‘n onderhoud met OFM-nuus, sê Mediclinic Bloemfontein se woordvoerder, Barbara Steenkamp, as ‘n persoon ingeënt kan word, moet sy of hy dit so gou as moontlik doen, want die risiko om Covid-19 as ‘n ernstige siekte te kry, kan vermy word deur die inenting.

“Jou kans is baie goed om nie die virus te kry nie, en as ‘n mens besmet sou word, sal jou simptome baie minder en beter wees, dan sal jy nie so siek wees nie. Dit is ‘n feit, so ek dink almal van ons moet  ons inentings kry so gou as moontlik,” sê Steenkamp.

OFM-nuus het vroeër berig dat die Vrystaat se inentingsplan vir die tweede inentingsfase op 17 Mei 2021 in Qwaqwa afgeskop het. Fase twee is eers op 18 Mei amptelik in Bloemfontein bekendgestel weens #MangaungShutdown-betogings.

OFM-nuus/Blaine Jones

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...