E Copy

Date:

Mangaung kan meer doen om misdaad te veg

Duane Petrus – Die Mangaung-metro-munisipaliteit moet meer doen om polisie in hul streek te ondersteun in die geveg teen misdaad.

Die LUR vir polisie, paaie en vervoer, Butana Komphela, het vandag in Bloemfontein gesê daar is talle kwessie rondom die hersonering van besighede, en te veel drankplekke is te na aan skole en kerke geleë.

Komphela het tydens ‘n vergadering met verteenwoordigers van verskeie plaaslike industrieë gepraat oor hoe om misdaad gesamentlik te bekamp.

Hy sê die manier hoe Central Park opgestel is, met smouse oral op die sypaadjies, maak dit moeilik vir die polisie om hul werk te doen.

“Central Park wemel van misdaad, maar kyk na die onvriendelike opset daar en sien hoe moeilik is dit vir die polisie om hul werk hier te doen. Dit is net deur die regulasie van munisipale ordonnansies dat van die kwessies aangespreek kan word,” sê hy.

Hy het gesê daar is party skole waar onderwysers en leerlinge Maandae kondome en bierblikke van die terrein moet verwyder, omdat klante van drankplekke, wat na aan dié skole geleë is, dit dikwels daar los.

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...