E Copy

Date:

Louzanne beklink silwer in Parys

Die Paralimpiese langasem van Bloemfontein, Louzanne Coetzee, het ‘n belangrike mylpaal vir Suid-Afrika behaal deur die land se eerste medalje by die Wêreld Para-atletiekkampioenskappe in Frankryk te wen.

Coetzee het die silwer medalje in die T11 1 500m vir vroue in Parys gewen met ‘n tyd van 4:48.13.

Die goue medalje is beklink deur Nancy Chelangat Koech van Kenia, terwyl die brons deur Mary Waithera Njoroge, ook van Kenia, geëis is. Coetzee het egter sterk begin in die finaal van die baanitem en ná 1200m was sy en haar gids, Estean Badenhorst, nog die pasaangeërs in die wedloop.

Coetzee het voor die Wêreld Kampioenskap nog gesukkel met ‘n besering en haar groot doel was egter om te verseker dat sy vir aanstaande jaar se Paralimpiese Spele in Parys kwalifiseer.

Die Wêreld Para-atletiekkampioenskappe, wat elke twee jaar gehou word, word beskou as die tweede belangrikste sportgebeurtenis op die sportkalender vir gestremdes ná die Paralimpiese Spele.

Coetzee en Estean Badenhorst het Sondag tweede in hul uitdun geëindig om hul plek in Maandag se finaal verseker.

Hierdie prestasie dra by tot Coetzee se vorige sukses by die Paralimpiese Spele in Tokio in 2021, waar sy silwer in die T11 1500m en brons in die Marathon T12-kategorie gewen het.
Die Wêreld Para-atletiekkampioenskappe hou ontsaglike betekenis vir atlete in, aangesien hulle daarna streef om vir die 2024 Parys Paralimpiese Spele te kwalifiseer. Om onder die top vier of beter te eindig, verseker kwalifikasie. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...

Planned power interruption in Mandela View

Residents of Mandela View are advised to prepare for...

UFS professor appointed to national financial planning board

The University of the Free State (UFS) has welcomed...