Die Toyota Cheetahs sal aanstaande seisoen weer in Europa meeding nadat hulle vir ‘n tweede agtereenvolgende jaar uitgenooi is om in die EPCT Uitdaagbeker te speel.
Die Cheetahs is een van twee spanne wat ‘n uitnodiging aanvaar het, met die ander span wat die Black Lion van GeorgiĆ« is.
Die Cheetahs sal egter hulle “tuiswedstryde” in Amsterdam, Nederland, speel, waar hulle verlede seisoen vanuit ItaliĆ« gespeel het. Die kanse is egter goed dat hulle een wedstryd in Bloemfontein kan speel. Die Cheetahs is in dieselfde groep as die Sharks, en die buurstryd sal in die Rosestad of in Durban beslis word.
Die ander spanne wat teen die Vrystaat in die groepfase sal speel, is Section Paloise en Oyonnax (albei van Frankryk), sowel as Zebre van Italiƫ. Die Cheetahs ken Zebre goed van hul dae in die PRO14, en hulle het verlede seisoen van Zebre se tuisveld gebruik gemaak vir hul tuiswedstryde in die Europese Uitdaagbeker.
Die hoof uitvoerende beampte van Cheetahs Rugby, Ross van Reenen, het aan Bloemfontein Courant gesĆŖ hy glo hulle sal volgende seisoen baie sterker in die toernooi wees.
“Vir my is dit ‘n groot eer en ek is baie opgewonde dat ons so te sĆŖ die afsny kon haal om in die EPCR Uitdaagbeker vir 2023/24 te speel,” sĆŖ Van Reenen.
“Ek dink ons gaan vanjaar baie mededingend wees. Hawies Fourie en sy afrigtingspan het baie hard gewerk. Ons het eintlik ‘n ander span vanjaar ā ons het die Curriebeker gewen met ‘n baie sterker en fikser span. Ek glo ons sal ‘n sterk span wees om teen mee te ding.”
Verlede seisoen het die Cheetahs ook teen Section Paloise (oftewel Pau) gespeel, sowel as die Scarlets van Wallis. Nadat hulle die uitkloprondtes bereik het, het hulle teen die Franse reuse, Toulon, gespeel. Toulon het die Vrystaat geklop en is uiteindelik as die kampioene gekroon.
Die bepalings moet nog bevestig word, maar die eerste rondte wedstryde sal op die naweek van 8 tot 10 Desember beslis word. – MORGAN PIEK







