E Copy

Date:

Lourens en Mohoje beïndruk teen die Force

Die Toyota Cheetahs sal kop krap oor die spankeuses voor hul komende toer na Australië vir hul twee wedstryde teen die Western Force in Perth.

Saterdag het die losskakel George Lourens en die Springbokflank Oupa Mohoje in Bloemfontein die geleentheid gebruik om te beïndruk.

Die Cheetahs-span vol tweede keuse spelers het teruggeveg van ’n 12-0 agterstand ná 13 minute om die Force met 27-12 te klop in die tweede wedstryd van die Toyota Challenge.

Die oorwinning beteken die Cheetahs het ‘n onaantasbare voorsprong van 2-0 in die reeks van vier wedstryde voor die twee wegwedstryde in Wes-Australië.

Mohoje, sowel as die losskakel, Lourens, was eenvoudig uitstaande en hulle het beslis hul naam in die hoed gegooi vir die toer.

Mohoje het ‘n paar groot duikslae tydens die wedstryd ingesit, terwyl Lourens ‘n fout of twee begaan het en hy eerder langafstand skepdoele vir die nou uitgetrede Frans Steyn los. Anders as dit het Lourens tot die potensiaal gespeel wat daartoe gelei het dat hy as die Speler van die Jaar in die 2022 Varsitybeker aangewys is.

Die Cheetahs-hulpafrigter, Charl Strydom, het aan Bloemfontein Courant gesê Mohoje en Lourens het hul waarde gewys.

“Ek is veral baie bly vir Oupa,” sê Strydom.

“Hy het sy 100ste wedstryd vir die Cheetahs gespeel en het sedertdien nog nie gespeel nie. Hy weet waaraan hy moet werk, en vir my moet ‘n losvoorspeler fisiek wees en hy het dit gewys. Hy was regtig fisiek op die verdediging en hy het ‘n paar lopies met die bal gehad.

“George ook, soos jy gesê het – ons ken die vermoë wat hy het. Hy het een of twee foute gemaak, maar oor die algemeen dink ek hy het ‘n baie goeie wedstryd gehad.”

Die Cheetahs sal op 29 September teen die Force in Perth te staan kom in die eerste van twee wedstryde in Perth. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...