E Copy

Date:

Leerder behaal suskes ten spyte van terugslae

Simone Greeff, ‘n 2017-matrikulant aan die HoĆ«rskool Martie du Plessis, het vier onderskeidings in die matriekeindeskamen behaal.
Wat hierdie prestasie merkwaardig maak, is die feit dat sy leergestremd is en onder meer haar pa vroeg in haar matriekjaar aan die dood moes afstaan nadat hy aan diens vermoor is.
Die persepsie bestaan onder sommige mense dat dit ‘n prestasie is om goeie punte te behaal as jy liggaamlik gestremd is, maar baiekeer besef hulle nie wat die hindernisse is wat met leergestremdheid gepaard gaan nie.
Greeff het konsentrasieprobleme en sukkel om in groot klasse te fokus. “Ek was voorheen in ‘n hoofstroomskool maar ek kon nie daar konsentreer nie en ek het ook nie so goed gedoen soos in Martie du Plessis nie,” verduidelik sy. Sy was ook baie na aan haar pa en het dus die eerste kwartaal van matriek baie swaar gekry.
Francois van Heerden, skoolhoof van Martie du Plessis, meen dat sulke prestasies dikwels nie na waarde geskat word nie, aangesien dit ‘n onsigbare gestremdheid is en leerders op die oog af lyk asof hulle net sowel in ‘n gewone hoofstroomskoon kon wees. “Onthou wel dat hierdie leerders dieselfde normale hoofstroomkurrikulum volg en presies dieselfde eksamens as die ander leerders in die hoofstroomskole in die res van die land af lĆŖ,” sĆŖ Van Heerden.
Van Heerden meen dat die leerders dan soveel harder moet werk om dieselfde prestasie te behaal. “Hierdie prestasie is in my opinie selfs beter as van die topleerders in die land, in ag genome die onsigbare hindernisse waarmee hulle te kampe het.”
Die geheim agter Greeff se prestasie is die feit dat sy haar pa wou trots maak. “Ek het baie ondersteuning van my familie en veral my vriende ontvang en hulle het ook gesĆŖ dat ek nooit moet opgee nie omdat my pa altyd trots op my sal wees.
My geloof in God het sterker geword omdat ek elke dag gebid het en gevra het vir hulp,” sĆŖ sy.
“My skool, die onderwysers en onderwyseresse het my ook baie ondersteun en baie gehelp met alles.”
Die slimkop begin op 29 Januarie by CTU Training Solutions met ‘n kursus in rekeningkunde.

JERETHA OOSTHUIZENĀ 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...