E Copy

Date:

Laaste produksie van finalejaarstudente

Byna twee dekades sedert die skokkende moord van Matthew Shepard in die klein plattelandse dorpie, Laramie, Wyoming, in die Verenigde State, word ons steeds daagliks gekonfronteer deur gerugte van haatmisdaad, diskriminasie en homofobie-geïnspireerde geweld. In Suid-Afrika het haatmisdaad sinoniem geword met xenofobie, korrektiewe verkragting en geweld wat minderheidsgroepe teiken en nie geregverdig kan word as polities of sosio-kultureel gemotiveerd nie.
Geïnspireer deur die baanbrekerswerk, The Laramie Project, deur die bekroonde skrywer Moises Kaufman en lede van die Tectonic Theatre Project, bied die derdejaar-studente van die Universiteit van die Vrystaat ‘n splinternuwe werksessieproduksie aan wat haatmisdaad in Suid-Afrika ondersoek deur ‘n fiktiewe gevallestudie op die planke te bring van ‘n voorval van korrektiewe verkragting op die klein Vrystaatse dorpie, Heilbron. Gedurende die verloop van die produksie vertolk akteurs verskeie rolle wat, onder meer, die rolle van slagoffers, betogers, oortreders, ouers en die publiek insluit. Die gevolgtrekking: Ons word almal geraak deur haatmisdaad ten spyte van ons ras, geslag, ouderdom, seksuele oriëntasie, nasionaliteit of vlak van formele onderwys.
The Hate Crime Project wat in Afrikaans, Engels en Sotho opgevoer word, is die laaste produksie deur hierdie groep voorgraadse studente en regie word behartig deur Dion van Niekerk en DeBeer Cloete. Die produksie debuteer op 16 November en kan gesien word tot 18 November, in die Scaena-teater op die UV-kampus. Deure sluit om 19:30. Koste beloop R40 per persoon, R30 vir skoliere en studente en R20 vir pensioenarisse. Kaartjies is beskikbaar by Computicket.
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...

Faf gereed vir Cheetahs-debuut teen ou span

Die gesoute Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal Sondag sy...

Pencil In: 16 July 2026

Dates to pencil in... 16 July: Unwind after a long day...

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...