E Copy

Date:

KYK: Onwettige vullisstorting ‘n groot probleem.

Die ophoop van vullis in die stad raak by die dag erger. Inwoners van verskeie gemeenskappe is ongelukkig daaroor. Buiten dat dit ophoop in hul omgewing en op sypaadjies, word dit ook nou in bosse in die gebied gegooi.

Paul Simpson, inwoner van Heidedal, het aan Bloemfontein Courant gesê mense gooi nou hul vullis in Leeubekkiestraat se oop veld en dit stink al verskriklik.

Bloemfontein Courant het die area besoek vir foto’s en om hom van die vullisstorting te vergewis. “Mense wat nie in die area bly nie, sal van tyd tot tyd hul vullis in Leeubekkiestraat gooi. Dis nooit noodwendig die mense wat in die straat bly nie maar eerder mense van ver,” sê Simpson. Hy het vertel afgesien daarvan dat die munisipaliteit nie meer kom skoonmaak nie, lede van die gemeenskap net eenvoudig vullis gooi waar hulle ‘n plek sien.

Mokgadi Kganakga, raadslid van Heidedal, sê Leeubekkiestraat is in Oktober 2019 deur Mangaung Metro skoongemaak en presies drie maande later het die storting begin. “Mens kan op foto’s sien dat dit meestal vars tuinvullis is wat gestort word.

Ek het reeds die nodige mense ingelig oor die voorval. Ek doen ook ‘n beroep op die gemeenskap om geduldig te wees omdat die metro die inwoners van die hele stad moet bedien,” voeg sy by. Kganakga het verder gesê enige iemand wat onwettige vullisstorting wil aanmeld, haar direk kan kontak by 083-886-9494.

Heidre Malgas

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...