E Copy

Date:

Kouer weer dalk teen die naweek in die sentrale binneland

‘n Weervoorspeller van die Bloemfonteinse weerkantoor, Tonie Rossouw, sê die aangename dagtemperature van sowat 20 grade Celsuis, wat mense in die sentrale deel van Suid-Afrika tot nou ervaar het, kan later vandeesweek met tussen vyf grade Celsius en sewe grade Celsius afneem. Hy sê temperature op plekke in die suidelike deel van die Noord-Kaap en die Vrystaat kan dan selfs onder 15 grade Celsius wees.

Volgens hom gaan die frontale stelsel met reëntoestande teen Vrydag uitbrei na die Oos-Kaapse kusgebiede, asook die suidelike deel van die aangrensende binneland.

Hy sê met dié frontale stelsel is daar ook ‘n risiko vir ligte sneeu op die suidelike bergreekse. Dit kan dalende temperature oor die binneland teen Vrydagaand en die res van die naweek veroorsaak.

Die koeler weer in die sentrale binneland kan selfs na die noord-oostelike deel van Suid-Afrika uitbrei. Volgens hom  wil dit voorkom of die koue wintersweertoestande waaraan Suid-Afrikaners in die binneland gewoond is, nou hier is. Temperature onder 16 grade Celsius kan selfs oor die naweek in die Rosestad voorkom. – Christal-Lize Muller

Die sonnige warmer wintersdae wat tot nou in die binneland voorgekom het, kan teen die einde van die week verander wanneer ‘n frontale stelsel teen Donderdag oor die Wes-Kaap inbeweeg.

Share post:

Popular

More like this
Related

ADVERTORIAL: Shaping the future of property through innovation and family values

From military discipline at sea to the boardrooms of...

Sunflower Children’s Hospice begins archive project

For nearly three decades, Sunflower Children’s Hospice has been...

FS publisher opens doors for aspiring authors

Charmaine Charmza Mrwebi started her publishing company, Charmza Literary...

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...