Kom trap vir Reddersburg-kinderhuis

0
734
George Stroebel (Jr), wat sy passie vir fietsry wil gebruik vir 'n goeie doel.

Die Bloemfonteinse fietsrygemeenskap sowel as gesinne regoor die stad wat graag wil graag saamry, kan uitsien na die Bloemfontein Christmas Ride vir die Reddersburg-kinderhuis.

Dié liefdadigheidsgeleentheid gee aan mense van die Rosestad ‘n geleentheid om Kersfees iets besonders te maak vir die kinders van Reddersburg Kinderhuis.

Aangesien 2020 vir baie mense ‘n baie moeilike jaar was, is so ‘n geleentheid ekstra spesiaal omdat mense ‘n kans het om vir ander iets goeds te doen terwyl hulle dit geniet en hul passie vir fietsry kan uitleef.

Volgens die organiseerder van die geleentheid, George Stroebel, is die fietsrygemeenskap baie betrokke by liefdadigheidsinsamelings en het Covid-19 baie van hul planne in die wiele gery. Hy vertel dat hy fietsry gekies het omdat dit vir hom ‘n kans is om sy passie uit te leef en terselfdertyd mense bymekaar te bring.

Volgens hom is die doel van die byeenkoms om fondse en ander benodigdhede vir Reddersburg- kinderhuis in te samel. “Ons het by die komitee ‘n lys van artikels aangevra van dinge wat die kinders nodig het. Sodra ons dit ontvang, sal ons dit beskikbaar stel.”

Die fietsryers beplan om deur Bloemfontein te ry, van die suide (Fichartpark of Fauna) af en by oop ruimtes in ‘n woonbuurte ‘n voertuig te hê wat ‘n aflaaipunt vir fietsryers sal wees.
Stroebel sê die geleentheid sal op 27 November plaasvind. Almal is welkom is. Mense wat betrokke wil raak, kan die Facebook-blad: Bloemfontein Christmas Ride besoek.

Verdere inligting sal daar gedeel word.

Sazly Hartzenberg

sazly@centralmediagroup.co.za