E Copy

Date:

Kolwyntjies van Hoop vir fondse

Nasionale Kolwyntjiedag word hierdie jaar weer as fondsinsamelingsgeleentheid gebruik deur die Cupcakes of Hope- en Cupcakes for Kids-organisasie. Die dag word op 28 September by Loch Logan Waterfront gehou, wat ook die agtste nasionale kolwyntjiedag vir kinders met kanker is.

Stigter van die organisasie, Sandy Cipriano, doen ‘n beroep op die publiek om betrokke te raak, die datum te onthou, en te begin bak. So kan elkeen letterlik ‘n verskil in die lewe van baie siek kinders maak.

Cipriano vertel dat sy geïnspireerd gevoel het om ‘n verskil te maak toe ‘n vriendin se drie-jarige dogtertjie dood is aan kanker. As eienaar van ‘n restourant in Vereeniging, het sy besef dat sy iets kon doen om ‘n lewe te verander. “Die eerste jaar het ons R5000 ingesamel en een klein seuntjie gehelp.

Op Nasionale Kolwyntjiedag kan die publiek R10 bydra vir ‘n heerlike kolwyntjie, met liefde gemaak.

Op die oomblik is daar reeds meer as 1500 pasiënte deur ons gehelp. Vir my is dit werklikwaar die mooiste manier om ‘n lewe te help red.”

“‘n Nie-winsgewende maatskappy en ‘n openbare hulporganisasie, Cupcakes of Hope, se doel is om bewuswording te skep en fondse in te samel vir kinders met lewensbedreigende siektes. Ons gebruik ons liefde vir kolwyntjies bak om ons ideaal te bereik,” voeg sy by.
Cupcakes of Hope is in wese ‘n gemeenskapsgedrewe projek, wat elkeen wat betrokke raak en bak, ‘n geleentheid gee om ‘n verskil te maak in die lewe van siek kinders. Vrywilligers word ‘Cupcake Angels’ genoem, en kan enige persoon wees.

“Mense tussen die ouderdom drie jaar en negentig jaar, studente, brandweermanne, regspersone en dokters, almal kom saam uit verskillende agtergronde, inkomstevlakke, ens., om te bak en ‘n verskil te maak. Al wat nodig is, is ‘n bietjie van jou tyd en tonne LIEFDE. Ons wil kolwyntjieliefde oor die hele Suid-Afrika versprei,” sê Cipriano.

Die fondse wat so ingesamel word, stel die organisasie in staat om ongeveer 70 pasiënte te help om hul mediese koste te dek en in dag tot dag behoeftes soos gesonde kos en vervoerkoste van en na die hospitaal te voorsien.

“Hierdie jaar het ons 65 nuwe pasiënte op ons boeke. Verlede maand het ons
R25 000 aan die 16-jarige Damon geskenk vir sy beenprostese en ‘n verdere R75 000 aan Jordan wat na die VSA moes vlieg vir sy proefbehandeling,” sê Cipriano.

Om te registreer as bakker vir Nasionale Koltwyntjiedag, besoek www.cupcakesofhope.org. Die publiek kan op hierdie dag R10 bydra vir ‘n heerlike kolwyntjie, met liefde gemaak.

Seithati Semenokane

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT women hockey finish fifth at USSA

The Central University of Technology (CUT) Ladies Hockey Team...

Two suspects to appear in court for house robbery

Two men aged 27 and 35 are expected to...

Small food changes can boost energy

Many South Africans struggle with low energy, but the...

Centlec provides update on ongoing power restoration efforts

Centlec has informed residents of Bainsvlei, Mooiwater, Waterbron, Spitskop...