E Copy

Date:

Kolskoot – 30 October 2013

Goeiedag
“Manne, ek is verheug. Nie net het die Haaie die gesogte Goue Beker op Nuweland teen die Streeptruie verower nie, maar dit is die wyse waarop hulle dit gedoen het wat my laat kraai van lekkerte. Pat Lambie en Pieter-Steph du Toit het hulle ongetwyfeld in die nommer 10- en nommer 5-trui van die Bokke ingespeel,” begin Stywelip Carrington ons indaba.
“Ja-nee, die Haaie het die WP uitoorlê. Brendan Venter-hulle was te uitgeslape vir die Kapenaars en het onwrikbaar by hul wedstrydplan gehou, terwyl die WP met tierlantyntjies in die lynstane, by die afskoppe en ook met hul aanvalle diep uit hul eie gebied, lelik misgetas het,” borduur Sporie Bezuidenhout voort.
“Geluk aan die Haaie! Wat my pla is dat onse Allister Coetzee-hulle mos hierde wedstrydplan moes verwag het. Dit is dieselfde een waarmee die Haaie die Toyota Vrystaat Cheetahs geklop het. Toe die Streeptruie se planne nie werk nie, moes hulle teruggeval het na die beproefde spelpatroon waarmee hulle vanjaar die eindstryd van die Absa Curriebeker onoorwonne gehaal het,” erken Bontie Bonthuys ruiterlik.
Botterbul Bester wil net Bokke na Europa praat. “Du Toit was welverdiend die Speler van die Wedstryd in die eindstryd, maar Lambie kon dit net sowel gekry het, terwyl Charl McLeod sy direkte teenstander, Louis Schreuder, oorskadu het. McLeod moes ‘n regmerkie van Heyneke Meyer gekry het,” probeer hy om die ander manne te betrek.
Die ander manne wil nie byt nie.
“Manne, ek is bekommerd. Ons vaste voorspelers, met die uitsondering van Du Toit, is na my mening nie “lean en mean” en beweeglik genoeg nie. Daarby is ek nie seker oor die oorsese Bokke wat so maklik ingespan word nie. Watse boodskap stuur dit uit? En hier in Toyota Cheetah-gebied is ek bekommend oor Griekwas se relegasie na die Curriebeker se Eerste Liga toe. Dit kan ons streek groot skade berokken,” laat oom Sjert van hom hoor.
“Moed hou, oom Sjert. Dalk word die Premierliga weer vergroot na agt spanne en dan speel die Poubloues, Oostelike Provinsie en natuurlik die Poemas, weer bo,” probeer Stywelip troos.
Groetnis

Share post:

Popular

More like this
Related

Sudan Lions thriving at LIONSROCK Sanctuary one year after rescue

Just over a year after their rescue from a...

Mangaung’s green jobs initiative empowers over 700 residents through presidential stimulus

Over 700 participants have been deployed across Mangaung’s towns...

Bloem’s pet shops compliant, SPCA still recommends adopting

The Bloemfontein Society for the Prevention of Cruelty to...

‘Ontwikkel weer ’n trots vir Afrikaans’

Afrikaans, soos alle tale, het oor tyd ’n massiewe...