E Copy

Date:

Knights-spelers skitter met wilgerlat

Die ITEC Knights het goeie rede om opgewonde te wees voor die aanvang van die 2023/24 plaaslike krieketseisoen met hulle kolwers wat goed presteer met die wilgerlat oorsee.

Weens die span se relegasie na die tweede divisie, kon die span slegs twee van hul Proteaspelers behou, in die vorm van die kolwer Jacques Snyman en die paaltjiewagter, Gihahn Cloete.

Hoewel albei nie tans deel is van die nasionale opset nie, is albei egter spelers met ondervinding en is hulle baie waardevol vir die komende veldtog. Boonop is albei spelers tans in skittende vorm met die kolf.

Snyman speel tans klubkrieket vir Greenmount Krieketklub in Engeland en in sy laaste twee beurte het die mokerman groot honderdtalle aangeteken. Snyman het onlangs geskitter met ‘n pragbeurt van 158 lopies. In die volgende wedstryd het hy nog beter gevaar met ‘n puik beurt van 269 lopies. Dié beurt het 427 lopies opgelewer – gewoonlik is ‘n kolwer se doelwit om 1000 lopies in ‘n seisoen aan te teken.

Cloete speel op sy beurt vir Glendermott Krieketklub in Londonderry (Derry) in Noord-Ierland. Dié boorling van Kimberley het beïndruk met drie agtereenvolgende hondertalle, waarvan hy in twee beurte nie uit was nie. Die speler spog met beurte van 156, 150* en 139*.

Hul vorm is briljant vir die span, maar dit is egter baie belangrik dat hulle dit voortsit wanneer hulle terug is in die land.

Die Knights se breier, JP Triegaardt, is in sy noppies met die twee se spel, maar wys daarop dat dit ook op die regte tyd moet wees.

“Ons het spelers nodig wat in vorm is, en om eerlik te wees, nie net een speler nie,” het Triegaardt aan Bloemfontein Courant gesê.

“Die hele span moet hulle kant bring om ‘n titel te wen met die doel om weer na die eerste divisie bevorder te word. Gihahn het ook agtereenvolgende groot honderdtalle aangeteken, so dit is ook goed.

“Dit is lekker wanneer jou spelers vorm vind, maar dit is ook belangrik dat hulle dit op die regte tyd doen. Dit is die belangrikste ding.”

Hoewel daar nog ‘n paar maande is voordat die plaaslike seisoen begin, sal dit goed wees vir die span om spelers te hê wat die veldtog van stapel stuur met selfvertroue wat hoog loop. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...