LANI FOUCHÉ
Die Bloemfonteinse man wat as deel van ‘n landwye kinderpornografie-sindikaat in hegtenis geneem is, moet weer op 18 September in die Bloemfonteinse Landdroshof verskyn.
Die oud-onderwyser word aangekla van die besit van kinderpornografie ingevolge seksie 24(1)(a) van die Wet op die Film en Publikasieraad van 1996. Woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag, Phaladi Shuping, sê die aangeklaagde het sy eerste hofverskyning op 16 Augustus gemaak en is tans uit op R2 000 borgtog.
Die ses mense wat in vier provinsies in hegtenis geneem is, sluit twee onderwysers en ‘n afgetrede skoolhoof in.
Volgens berigte het die kinderpornografie-netwerk bande met Kanada, Brittanje, Amerika, Wes-Europa en Australië. Polisiewoordvoerder Solomon Makgale het vroeër gesê nog arrestasies kan binnekort volg.







