ALZANE NARRAIN
Die staat het daarop aangedring dat ‘n baba-oppasser, wat na bewering ‘n tien-maande-oue babaseuntjie in haar sorg mishandel het, vir dertig dae sielkundige evaluasie moet ondergaan.
Makabelo Lepota sal na dié tydperk weer in die Welkomse landdroshof verskyn.
Woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in die Vrystaat, Phaladi Shuping, sê Lepota staan tereg op ‘n aanklag van poging tot moord.
Die Lesotho-burger is in Julie in hegtenis geneem.
Sy het glo op die vlug geslaan nadat die kind se ma agterdogtig geraak het oor die kneusmerke aan haar seuntjie se lyf en hom dokter toe geneem het.
Die polisie het Lepota vier dae later opgespoor.