E Copy

Date:

Kindermishandelingsaak: Baba-oppasser moet sielkundige evaluasie ondergaan

ALZANE NARRAIN

Die staat het daarop aangedring dat ‘n baba-oppasser, wat na bewering ‘n tien-maande-oue babaseuntjie in haar sorg mishandel het, vir dertig dae sielkundige evaluasie moet ondergaan.

Makabelo Lepota sal na dié tydperk weer in die Welkomse landdroshof verskyn.

Woordvoerder vir die nasionale vervolgingsgesag in die Vrystaat, Phaladi Shuping, sê Lepota staan tereg op ‘n aanklag van poging tot moord.

Die Lesotho-burger is in Julie in hegtenis geneem.

Sy het glo op die vlug geslaan nadat die kind se ma agterdogtig geraak het oor die kneusmerke aan haar seuntjie se lyf en hom dokter toe geneem het.

Die polisie het Lepota vier dae later opgespoor.

Share post:

Popular

More like this
Related

Sunflower Children’s Hospice begins archive project

For nearly three decades, Sunflower Children’s Hospice has been...

FS publisher opens doors for aspiring authors

Charmaine Charmza Mrwebi started her publishing company, Charmza Literary...

National MTB stars ready to light up Happy Valley

The stage is set, and Bloemfontein is ready to...

Faf gereed vir Cheetahs-debuut teen ou span

Die gesoute Springbok-skrumskakel Faf de Klerk sal Sondag sy...