E Copy

Date:

Kersfees in September

Ds. Stephan van Heerden

Die gedagte aan Kersfees het die afgelope tyd vir my in September begin sin maak. Ek het die mooi van die lente begin raaksien en die nuwe seisoen sien aanbreek. Almal is opgewonde dat die grou en grys kleure van die winter begin verander. Daar is weer hoop in verhoudings en mense begin glimlaggend opgewonde met mekaar deel. Onmiddellik laat dit my aan Kersfees dink. Geskenke word uitgedeel, nuwe beloftes van omgee en liefde word gemaak en daar word fees gevier omdat ‘n nuwe era aangebreek het. Die grys en grouheid van ‘n doodgewone bestaan het nuwe kleur gekry met die geboorte van Jesus. Tog was dit nog nie Desember nie, maar lente en die mooi van Septembermaand. In Psalm 118:24 lees ek: "Dit is die dag wat die Here gemaak het; laat ons daaroor juig en bly wees." Hoe het jy vanoggend wakker geword? Dalk moet ons weer begin by die opgewondenheid van Kersfees en elke dag sien as ‘n geskenk uit die hand van die Here, selfs al is dit in September. Hierdie opgewondenheid van Kersfees kan vandag vir jou en my help om die mooi in alles raak te sien en die geskenke van saam-wees te waardeer!

* Van Heerden is ‘n geestelike leier by die NG Klipkerk en ‘n pastorale sielkundige.

Share post:

Popular

More like this
Related

Blind DJ calls for equality in the entertainment industry

A local blind disc jockey from Thaba Nchu calls...

Pencil in – 15 May/15 Mei 2025

15 May: Food & Wine Pairing: Experience an unforgettable...

Koekela hosts charity baby shower to support Childline Free State

Childline Free State was the beneficiary of a charity...

NAMPO 2025: Pure plaaspret in Bothaville

Die 2025 NAMPO Oesdag gaan hierdie week volstoom voort...