E Copy

Date:

‘Kanonpoot Steyn’ oefen weer ná besering

Die tweemalige Wêreldbeker-wenner, Frans Steyn, oefen weer saam met die Toyota Cheetahs terwyl hulle voorberei vir die Europese Uitdaagbeker wat in Desember afskop.

Die Springbok het Maandag vir oefening by die Cheetahs aangemeld nadat hy herstel het van ‘n knie-las wat hom uit die Springbokke se Jaareind-toer gehou het.
Steyn het die besering opgedoen tydens die pas afgehandelde Toyota Uitdaagreeks in Bloemfontein.

Dit is onwaarskynlik dat Steyn Vrydag gereed sal wees om te speel wanneer die Cheetahs in ‘n oefenwedstryd teen die Sharks in Durban te staan sal kom.

Die Cheetahs se hulpafrigter, Charl Strydom, het aan Bloemfontein Courant gesê hulle is verheug om Steyn terug op die oefenveld te hê.

“Hy gaan baie belangrik vir ons wees, veral met die kanonpoot wat hy het,” het Strydom gesê.

“Hy het vir tien jaar in Frankryk gespeel, so ons gaan beslis sy ervaring nodig hê. Hy het hard in die gimnasium geoefen, en vandag (Maandag) was sy eerste lopie weer op die veld. Hy het opgewonde gelyk, veral aan die einde van sy hardloopsessie.

“Ons het hom nodig – hy is natuurlik, met alles wat hy bereik het – ‘n groot speler vir ons. Ek is seker hy gaan fiks en gereed wees om te gaan wanneer ons oorsee reis.”

Vrydag se Europese Uitdaagbeker-oefenwedstryd tussen die Sharks en Cheetahs op Kingspark skop om 15:00 af. Op 25 November pak die Cheetahs die Griffons in Welkom in hul tweede en laaste oefenwedstryd voordat hulle op 5 Desember na Europa vertrek. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...