E Copy

Date:

Johan se passie spreek boekdele

Dr. Johan Coetzee het ongeveer drie jaar gelede die eerste boek in Suid-Afrika, getiteld (Bank Management) Inspiration oor ekonomie, geld en bankdieste geskryf.
Coetzee is ‘n talentvolle man met ‘n groot passie en visie vir onderwys. Deur middel van dié boek, het hy sy liefde vir en kennis van dié spesifieke sektor in boekvorm gepubliseer, iets waarmee hy baie mense geïnspireer het.
Sy Griekse ma, Asimina Coetzee, vertel dat Coetzee graag spog oor hoe sy Afrikaanse pa gestudeer het terwyl dié reeds ‘n volwasse man was. “My man het sy Honneursgraad in Forensiese Kriminologie klaargemaak toe Johan in matriek in St Andrewskool was,” sê sy.
Volgens Research Gate sê Coetzee: “Ek het gewerk as kredietanalis in die Sovereign Risk Unit van Nedbank. Sedertdien het ek verskuif na die Departement van Ekonomie aan die Universiteit van die Vrystaat en my navorsing is gefokus op bankbestuurskwessies. Ek gee klas in Bank, Risikobestuur en Macro Economics aan die Universiteit van die Vrystaat, die UV-Sakeskool en die Salzburg Universiteit van Toegepaste Wetenskappe. Ek was ook betrokke by die risikobestuursprogram van die Suid-Afrikaanse Reserwebank en is aangestel as ‘n eksterne raadslid vir die Milpark Bankweseskool in Kaapstad.”
Vandag is Coetzee getroud met Karlien Coetzee en hulle het ‘n pragtige 3-jarige seuntjie, Benjamin. Coetzee het sy doktorsgraad in Ekonomie, Geld and Bankdienste behaal en is ook vandag die adjukhoof van die Ekonomie-fakulteit waar hy as senior dosent klas gee. Op die oomblik gee hy klas in Oostenryk, iets wat hy al vir die afgelope 14 jaar vir ‘n paar maande van die jaar doen.
Coetzee se passie vir die finansiële sektor het by Nedbank begin, waar hy as ‘n teller gewerk het terwyl hy besig was om te studeer. “Hy probeer altyd om homself te verbeter. Hy het talle toekennings ontvang, waar hy beloon is vir sy harde werk,” voeg sy ma, Asmina, by.
Sy vertel dat Coetzee haar, toe sy 53 jaar oud was, oorreed het om te studeer. Sy het haar MBL-graad en haar Honneurs in Besigheidsbestuur voltooi.

Zilke Prinsloo 
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Latest Foot-and-Mouth Disease update

Eight new Foot-and-Mouth Disease (FMD) cases have been clinically...

Mandela day outreach restores dignity to elderly residents

The Mangaung Child Justice Centre and the department of...

Home Affairs to recruit 301 immigration officers

The Department of Home Affairs is set to recruit...

Two suspects arrested for assault

Two men, aged 23 and 27, have been arrested...