E Copy

Date:

JF Sportlui gedy

RUFUS BOTHA

Bloemfontein – Die Hoërskool Jim Fouché (JF) se eerste twee kwartale op sportgebied was oudergewoonte van hoogstaande gehalte. Een ding wat duidelik uitstaan, is dat hierdie uitstekende akademiese skool nie slegs in een sportsoort uitblink nie, maar hoogs mededingend is in verskeie sportsoorte. Op atletiekgebied het JF se atlete vanjaar nie minder nie as 13 medaljes by die Suid-Afrikaanse skolekampioenskap verower. Hiervan was vier brons, nege silwer en twee goud.

Die twee nasionale kampioene wat gekroon is was Anja Kotzé wat die 200m vir meisies 15-jaar en Bronwyn Leonard wat die hamergooi vir meisies in dieselfde ouderdomsgroep haar eie gemaak het. Nie minder nie as 13 atlete was onder die top-8 in hulle onderskeie nommers.

Multisportsoorte bly hoog oop die agenda by JF en dubbelkamp (hardloop en fietsry), suig beslis nie aan die agterste speen nie. Vier JF-dubbelkampers het vanjaar die Vrystaat verteenwoordig. Die fietsryers het hulle speke ook laat sing en die groei in dié sport is verblydend.

Vier fietsryers het Vrystaatkleure oor die kop getrek. Nie minder nie as 34 hokkiespelers is ingesluit om verskeie Suid-Vrystaatspanne gedurende die vakansie te verteenwoordig. Daar is boonop ses afrigters en spanbestuurders van die skool wat gaan diens doen by dié toernooie.

In veldwedlope het ses van die skool se langasems die provinsie onlangs in Kimberley verteenwoordig by ‘n tussenprovinsiale byeenkoms tussen die Vrystaat, Noordwes en Griekwas. Netbal by JF begin goeie dividende betaal – dit danksy puik afrigting en goeie spangees onder die spelers. Drie spelers gaan die Vrystaat die vakansie verteenwoordig en dan het JF nog twee provinsiale verteenwoordigers opgelewer in aksienetbal.

In pluimbal bly JF ‘n krag in die Vrystaat en het drie spelers wat opgeneem is in die Vrystaatspan. Wat rugby aan betref beklee JF tans die 21ste plek op die ranglys van beste skole eerstespanne in die land. Dit is die hoogste nog in die geskiedenis van die skool. 20 spelers is ingesluit in verteenwoordigende Vrystaatspanne en al JF se spanne het deurgedring tot die halfeindrondtes van die plaaslike liga. JF was nou al vir jarelank een van die beste trompoppiesskole in Suid-Afrika.

Agt meisies het die Vrystaat senior span gehaal en ses die junior span. Drie trommies het hulle Protea-kleure verdien en Suid-Afrika verteenwoordig by die wêreld se grootste kompetisie in Texas, Amerika. Monet van Heerden, Micaela Stroebel en Anna Mart van der Merwe se reusebydrae vir die Proteas het gesorg dat Suid-Afrika bykans as wêreldwenners gekroon is.

Nog ‘n multisport waar JF hulle kant gebring het, is in tweekamp (hardloop en swem). Ses tweekampers het die Vrystaat by die nasionale kampioenskap in Potchefstroom verteenwoordig.

Share post:

Popular

More like this
Related

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...

SASSA condemns illegal sale of queue positions at offices

The South African Social Security Agency (SASSA) has condemned...

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...