E Copy

Date:

Hondkoop is nie perde koop nie

Sabrina Dean
Jy’t diep gedink oor die koste, die verantwoordelikheid en alles wat daarmee gepaard gaan. Jy besluit om ‘n nuwe hondjie aan te skaf.
Maar waar begin jy – sommer by Google?
Die soektog na ‘n nuwe beste maat is ‘n opwindende ervaring, maar van tyd tot tyd kan hierdie poging ietwat misluk. Al sou jy gelukkig genoeg wees om reeds te besluit het op ‘n gepaste ras, is dit nie so maklik soos een kliek en jy’t jou brak gekry nie.
Bloemfontein Courant is onlangs genader deur ‘n Kapenaar wat via ‘n internettransaksie ‘n ‘opregte’ Bouvier des Flandres bekom het vanaf ‘n Bloemfonteinse teler. Die dame het jare lank Bouviers gehad en na haar oudste hond dood is, wou sy graag weer ‘n jong Bouvier aanskaf. Sy is gek na hulle en hou van die kalm temperament en sagte geaardheid van dié ras.
Sy het toe R3500 betaal vir die hondjie, met ‘n ekstra R1000 vir vervoer- en inentingkoste, maar toe die hondjie by haar in die Kaap aankom kon sy sien iets is nie pluis nie.
Die vrou, wie se naam bekend is aan Bloemfontein Courant, sê binne ‘n paar weke het die hondjie se oortjies begin regop staan en dit was ook ‘n baie woelige diertjie. "Ek is 66 jaar oud, so ek wou nie ‘n wilde hond gehad het nie, ek ken die Bouvierras en wou graag weer ‘n hond met dieselfde eienskappe aanskaf," sê sy.
"Wat ek gekry het is ‘n brak wat ek netsowel by die DBV kon kry vir baie minder as R5000," sê sy.
Bloemfontein DBV-woordvoerder Reinet Meyer sê daar is nie vantevore klagtes ontvang oor ‘n Bouvier-teler in die omgewing nie, maar sê die organisasie is heeltemal gekant daarteen om honde oor die internet koop. "Hoe kan jy ‘n hond koop wat jy nog nie eens gesien het nie?" vra sy.
Frik Bezuidenhout, ‘n Bouvier-teler en voorsitter van die Bouvier-klub van SA, het in reaksie op die foto van die ‘opregte’ Bouvierhondjie gesê dit lyk nie eens of daardie hond naby ‘n Bouvier verbygestap het nie.
Hy verkoop sy opregte Bouvier-hondjies vir R8000 en sê selfs teen daardie prys is dit maar moelik vir ‘n teler van opregte Bouviers om geld te maak. "My teef mag net een keer per jaar kleintjies kry. Maar sy moet vir die hele jaar eet, en as jy nie self ‘n reun het nie is die dekkingskoste alleen in die omgewing van R8000," sê hy.
Dan is daar nog boonop inentings, die inplant van mikroskyfies en registrasiegeld. "Registrasie van honde is uiters belangrik, want dit is hier waar die bloedlyn bepaal word en navorsing gedoen word," sê hy.
Die aanlynteler, wat nie haar telefoonnommer wou verskaf nie, het per e-pos gesê die foto van die hondjie is ‘n grap. Sy sê alhoewel haar Bouviers ‘opreg’ is, is hulle nie geregistreer nie. "As die ouma, oumagrootjie of pa ‘n ander ras is kan ek nie verantwoordelikheid neem nie – dan moet kopers eerder ‘n Kusa-geregistreerde hond bekom," sê sy.

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Government welcomes 0.5% GDP growth in first quarter

Government has welcomed South Africa's 0.5% gross domestic product...

Power interruption at Market DC

Centlec has notified residents of a power outage at...

Students invited to pitch beauty business ideas

Motheo TVET College students with a passion for hair,...

CUT prepares future teachers for classroom success

The Central University of Technology, Free State (CUT) has...