E Copy

Date:

Guardian and Angel beoog om Kersfees te vier

Die Bloemfonteinse nie-winsgewende organisasie, Guardian and Angel, reik weer uit na minderbevoorregtes in en om die stad oor Kersfees. “Jaarliks bedien ons tussen 450 en 700 gesinne oor die feestyd met kospakkies en geskenke vir kinders en bejaardes om verligting te bring aan gesinne wat bitter swaarkry,” sê die uitvoerende hoof en stigter van die organisasie, Hester Bekker.

Bekker sê mense kan betrokke raak deur donasies te gee, geskenke te pak, nie-bederfbare kos te skenk en selfs ook die dag by die Kersboom betrokke te wees. “Ons organisasie wil net seker maak ons gaan genoeg kos inkry om gesinne wat nie so bevoorreg is om ‘n feesmaal te geniet nie, oor die feestyd te bedien,” sê sy.

Sy voeg by dat Bloemfontein se gemeenskap altyd hul organisasie ondersteun.

“Hulle ondersteun ons baie deur die jaar. Ek weet, glo en vertrou hulle sal ons Kersprojek ook ondersteun. Dankie ook aan Bloemfontein Courant wat ons regdeur die jaar ondersteun. ‘n Geseënde Kersfees aan elk.”

Justine Fortuin
[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...