Die gewilde Amanda Coetzer-tennistoernooi wat jaarliks by die Hoër Meisieskool Oranje plaasvind, het gister in alle erns in die Rosestad begin.
Oranje is die enigste Bloemfonteinse skool in aksie by die toernooi en is saam met onder andere: Hoërskool Menlopark, Paarl Gimnasium en die Afrikaans Hoër Meisieskool in ‘n groep.
Die ander groep bestaan uit Hoërskool Waterkloof, Hoërskool Stellenbosch, Claredon Girls High en Hoër Meisieskool Bloemhof.
Die toernooi sal more tot ‘n einde kom.
Fotos van dag twee se gebeure


Fotos: Mark Steenbok







