E Copy

Date:

Finaliste in uitdaging wen groot

Die derde en finale ronde van die Engen Engine Restoration Challenge (EERC) het op 1 Mei in Bloemfontein plaasgevind, waar 17 finaliste van oor die hele land bymekaar gekom het om mee te ding vir die totale prysgeld van R160 000.

‘n Jeugopheffingsprogram is geloods en georganiseer deur Savtek (Suid Afrikaanse Federasie van Veteraan-trekker en -enjinklubs) met die doel om nie net antieke trekkers en enjins te bewaar nie, maar ook kennis oor die werking van dié enjins aan die jonger geslag oor te dra.

Christo Pieterse, Savtek-voorsitter, sê, “Die program is daarop gemik om jong mense aan te moedig om deel te word van dié wonderlike insiatief. Dit word bereik deur ‘n mentor in die span te gebruik wat ‘n oupa, onderwyser of enige ouer persoon met genoegsame kennis is om die deelnemer te help om sy projek te voltooi.”

Die kompetisie bestaan uit drie afdelings: die restoureer van antieke statiese enjins, die opstel van ‘n werkboek (taak) wat die volledige restourasieproses boekstaaf, met foto’s wat die proses illustreer en laastens, ‘n mondelinge aanbieding waar die deelnemer die hele proses aan die beoordelaars verduidelik en vertel hoedat nuwe vaardighede in die proses aangeleer is.

Eric Mouton, een van die EERC-beoordelaars, sê dat hulle ‘n praktiese span het wat die enjin self beoordeel en dan is daar ‘n ander span wat die vaardigheid van die deelnemer in sy mondelinge aanbieding beoordeel.

“Dit word so gedoen, want baie keer kry mens ‘n enjin wat 100% werk, maar die deelnemer het nie veel uit die hele proses geleer nie.

Die vaardighede wat die deelnemer in die proses aanleer, is vir ons net so belangrik as die funksionaliteit van die enjin,” sê Mouton.

Die deelnemers word in twee kategorieë verdeel; juniors van 8 tot 18 jaar, en ‘n senior afdeling, 19 tot 30 jaar.

Om almal ‘n regverdige kans te gee, word die kompetisie in vier klasse verdeel: Beginners; Junior Kompakte Klas; klein enjins tot 30kg; Junior Standaard-klas, tot 50kg; Senior Standaardklas, tot 150kg, en Meesterklas, tot meer as 150kg. Daar word dan drie wenners in elke klas gekies, ‘n eerste tot derde plek.

Die wenners van die 2021-EERC is Amor McKenzie (Junior Kompakte Klas), Pieter en Marné Smit (Junior Standaardklas), Franco Coetzee (Senior Standaardklas) en Gustav van der Westhuzen (Meesterklas).

Justine Fortuin

[email protected]

Share post:

Popular

More like this
Related

Busamed gives children hope through free scoliosis surgery

Busamed Bram Fischer Private Hospital in Bloemfontein is performing...

Preserving Bloemfontein’s heritage assets

Bloemfontein is home to some of South Africa’s most...

MMM addresses Treasury concerns

The Free State has once again come under the...

Transport oversight visit focuses on safer roads

Deputy minister of transport Mkhuleko Hlengwa visited the Free...