E Copy

Date:

Eerste Paul Roos teen Grey interskole in drie jaar

Opwinding heers onder seuns van Grey-kollege wat vandeesweek na die Kaap reis, waar hulle teen Paul Roos Gimnasium van Stellenbosch te staan sal kom.

Vanjaar se spog-interskole kragmeting sal sonder twyfel ekstra spesiaal wees aangesien dié twee rugbyfabrieke van Suid-Afrika vir die eerste keer in drie jaar weer sake sal uitspook. Weens die wêreldwye Covid-19 pandemie kon die geleentheid nie plaasvind nie.

Die laaste keer wat die twee eerstespanne kon kragte meet, was in 2019 toe ‘n uitstaande tweede helfte vertoning daartoe gelei het dat Grey vir Paul Roos met 51-28 die loef af gesteek het op die Markötter-veld in Stellenbosch. Daardie wedstryd, wat as een van die bestes tot nog toe beskou word, word liefdevol na verwys as die ’51 shades of Grey’-kragmeting.

Soos voorheen, sal Grey se beste spelers ongelukkig nie vandeesweek in aksie wees nie aangesien ses van die seuns oor die naweek vir die Suid-Afrikaanse skolespanne teen Engeland en Frankryk se skolespanne uitdraf. Die spelers wat die naweek nasionale diens sal doen, is Caleb Abrahams, Casper Badenhorst, Alfondso Isaacs, Lucas Meyer en JF van Heerden (almal SA o.18). Die losskakel Bradley Giddy sal in aksie wees vir die SA o.18 A-span.

Dit is immers niks vreemds nie, en hulle sal volle vertroue hê in die 2de-span (Cherries) se spelers wat na die eerste span opskuif. Grey sal dalk voel dat hulle effens minder voorbereid is aangesien hulle ‘n paar weke gelede mededingende wedstryde gespeel het. Dit is omdat Glenwood van Durban die bepaling teen Grey uitgestel het.

Bo en behalwe die rugby wat in die Eikestad sal plaasvind, sal die twee skole ook sake uitspook in ander sportsoorte soos hokkie, tennis, waterpolo, bergfiets, gholf en nog meer.
Die hoogtepunt van die naweek se sport is sonder twyfel Saterdag se groot rugbywedstryd tussen die eerstespanne op die Markötter-veld en die kragmeting sal om 14:00 afskop. – MORGAN PIEK 

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...