E Copy

Date:

Duvan, Rosestad se eie Theuns

Duvan van Vuuren word met die sanger Theuns Jordaan vergelyk. Nie net sy mooi, diep stem, maar ook sy rustige persoonlikheid stem ooreen met diƩ van Jordaan.

Duvan van Vuuren is ‘n gebore Bloemfonteiner wie se sangloopbaan sowat agt jaar gelede begin het toe hy maar net 13 jaar oud was. Hy is tans besig met die finale jaar van sy landbougraad aan Kovsies. Behalwe vir sy studies, tree hy ook oral in Bloemfontein op. Hy is ook deel van die ongelooflike jeugorkes van die NG gemeente Pellissier.

“My liefde vir musiek kom van kleintyd af. Ons het altyd CD’s in die motor geluister en saamgesing. Later het ek begin kitaar speel en in 2009 by ‘n kerkorkes aangesluit waar ek af en toe saam met die groep op Sondagoggende begin sing het. Dit is hier waar ek besluit het om eendag my musiek verder te vat,” vertel Van Vuuren.

Hy sal altyd dankbaar wees vir die ondersteuning wat hy daar ontvang het en vir die ondervinding wat opgedoen het.

Hy het onlangs sy eerste oorspronklike lied geskryf. Dit handel oor die huidige gebeure in Suid-Afrika, hy kry dus inspirasie vir sy lirieke uit die verskillende emosies wat hy daagliks ervaar.

“Jo Black is vir seker my grootste inspirasie in die bedryf. Sy musieklirieke dra ‘n baie diep boodskap oor en wek nuwe moed en krag by ‘n mens. “Yster slyp yster” is my gunstelingsnit op sy CD,” vertel hy.

Van Vuuren het self ‘n paar versteekte talente. “Ek het op skool aan krieket en luggeweerskiet deelgeneem. Alhoewel krieket my droomloopbaan was, het skiet my baie verder gebring en geleentheid gegee om die beste mense te ontmoet,” sĆŖ hy.

Sy planne vir 2018 is eerstens om sy eerste lied, Moederland klaar op te neem en vry te stel, asook om by ‘n paar nuwe plekke op te tree tydens feeste en byeenkomste.

Om Van Vuuren by jou geleentheid te hĆŖ, stuur gerus ‘n e-pos na [email protected].

Jeretha Oosthuizen

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...