E Copy

Date:

Donderstorms en swaar reën in Sentraal SA

Die Suid-Afrikaanse weerdiens waarsku oor donderstorms met gepaardgaande swaar reën vandag in dele van Sentraal Suid-Afrika.

Volgens OFM-Nuus sê die weerdiens se Wayne Venter onweer word vir onder meer dele van die sentrale en oostelike dele van die Vrystaat en Noordwes voorspel.

In die vrystaat word dit gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Venter sê namate die naweek aanbreek gaan ekstreme warm weer ervaar word. Venter sê aanvanklike bewolkte weer wat tot baie warm en uitermatig warm toestande in die noorde van die Noord-Kaap kan lei word verwag.

Hy sê reën met son word vir die grootste gedeeltes van die Noord-Kaap verwag, asook reën in Bethlehem in die Vrystaat en in Mahikeng in Noordwes.

OFM-nuus/Roderick Titus

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...