E Copy

Date:

Die verhaal van ’n Kindjie!

DS. STEPHAN VAN HEERDEN

Ons vier Jesus se geboorte op 25 Desember anders as die verjaardae van bekende persoonlikhede. Ons dink gewoonlik aan die bekende mense as volwassenes wat verjaar en ’n impak het op ons lewe en bestaan. In Jesus se geval eer ons Hom as ’n Kindjie wat gebore is in Bethlehem. Ons dink aan Hom in ’n stal en skaapwagters wat ere aan Hom bring. Ons sien die sterrekykers in ons gedagtes met die goud, wierook en mirre. Hulle wou Hom graag sien, maar hulle het geen idee gehad wat die impak van die klein kindjie op mense se lewe sou hê nie. Nogtans het hulle Hom geëer. Dink vandag, so ’n week voor Kersfees, bietjie na oor die woorde van Lukas 2:11: “Vandag is daar vir julle in die stad van Dawid die Verlosser gebore, Christus die Here.” Hierdie seuntjie sou groot word en Sy lewe aan die kruis gee vir jou en my, sodat ons stukkendheid vergewe kan word en ons elke keer nuut saam met die Here kan begin! Wat ’n voorreg!!
* Van Heerden is ’n geestelike leier by die NG Klipkerk en ’n pastorale sielkundige.

Share post:

Popular

More like this
Related

Two arrested in Meloding for possession of explosives

Two men, aged 37 and 47, have been arrested...

Harlem street leak repaired after weeks of complaints

The Mangaung Metro Municipality (MMM) says it has repaired...

Government assures smooth transition to Postbank black cards

Newly appointed minister of social development Dina Pule has...

Premier calls for accountability in housing contract projects

Free State Premier MaQueen Letsoha-Mathae has called on officials...