E Copy

Date:

Die land se bestes weer aan die beurt in Bloemfontein

Die land se 12 beste hokkiespanne is vanaf Donderdag weer aan die beurt in Bloemfontein in die jaarlikse Fairtree Super 12 Hokkietoernooi by die Sekondêre Meisieskool Oranje.
Vanjaar sal Oranje, wat die nommer-een span in Suid-Afrika is, asook Eunice (7de), die Rosestad asook die Vrystaat verteenwoordig.

Die gasheer is die verdedigende kampioene van dié spogtoernooi en is steeds ook die mees suksesvolle span met ses titels.

Die ander spanne wat vanjaar sal deelneem volgens die nasionale ranglys is Rhenish Girls’ High (Stellenbosch), Durban Girls’ College (Durban), Paarl Gimnasium (Paarl), St Mary’s Kloof (Kloof), St Stithians College (Johannesburg), Hoërskool Garsfontein (Pretoria), Hoërskool Menlopark (Pretoria), St Anne’s Diocesan College (Hilton) en Hoërskool Waterkloof (Pretoria).

St Mary’s speel vanjaar vir die eerste keer sedert 2019 in die spogtoernooi, terwyl Waterkloof ná agt jaar ‘n terugkeer maak. St Stithians is vir die eerste keer in ses jaar weer op die toernooi. Daar sal vanjaar vir die eerste keer in die toernooi se geskiedenis geen skool van die Oos-Kaap in aksie wees nie.

Tien meisies wat vir vanjaar se SA o.18A span gekies is, sal in aksie wees en dit sluit in die opwindende Bianca Rees-Gibbs van Eunice. Tien meisies wat die SA o.17 span by die 2024 Mirnawan-beker verteenwoordig het, sal ook in aksie wees. Rees-Gibbs het in daardie toernooi gespeel, asook Kirstin Booysen van Oranje.

Donderdagbepalings:
Rondte 1: 7:30 – Paarl Gim t. Bloemhof; 8:20 – Oranje t. Waterkloof; 9:10 – St Mary’s Kloof t. Garsfontein; 10:00 – Rhenish t. St Anne’s; 10:50 – Durban Girls’ College t. Menlopark; 11:40 – St Stithians t. Eunice.
Rondte 2: 12:30 – Oranje t. Bloemhof; 13:20 – Garsfontein t. Waterkloof; 14:10 – Paarl Gimnasium t. St Mary’s Kloof; 15:00 – Rhenish t. Menlopark; 15:50 – Eunice t. St Anne’s; 16:40 – Durban Girls’ College – St Stithians.
Rondte 3: 17:30 – Oranje t. Garsfontein; 18:20 – St Mary’s Kloof t. Bloemfontein; 19:10 – Paarl Gimnasium t. Waterkloof; 20:00 – Rhenish t. Eunice. – MORGAN PIEK

Share post:

Popular

More like this
Related

UFS pianist debuts in Madrid

The University of the Free State (UFS) has celebrated...

NFVF invites applications for public screening funding

The National Film and Video Foundation (NFVF) has opened...

CUT responds to sexual harassment allegations

The Central University of Technology (CUT) has responded to...

ADVERTORIAL: Meet our team of specialists

Life Rosepark Hospital is proud to introduce a dynamic...